Walvisbaai-hawe verwag meer skepe oor Midde-Ooste konflik

Loading player...
Iran het die Straat van Hormuz gesluit vir skeepvaart, en volgens berigte begin skepe ook die Suez-kanaal en Rooisee vermy weens die oorlog in die Midde-Ooste. Verskepingsmaatskappye het reeds begin om hul skepe vanaf die Ooste na Europa en Suid-Amerika om die Kaap die Goeie Hoop te herlei. Dit beteken die Walvisbaai-hawe, wat hoër op die wêreldranglys is as Suid-Afrikaanse hawens, kan hieruit voordeel trek. In 2023 toe die Suez-kanaal gesluit was, het Walvisbaai 'n 32 persent jaar-op-jaar styging in vasmerings aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by Elias Mwenyo, uitvoerende bestuurder van Namport, wat bevestig hulle verwag meer skepe en is gereed daarvoor.
6 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibiërs wag nog vir voordele van NNN se PIAMI

Presies een jaar gelede het president Netumbo Nandi-Ndaitwah 'n ambisieuse regeringsraamwerk uiteengesit wat op vyf pilare gebou is: pragmatisme, integriteit, verantwoordbaarheid, meritokrasie en inklusiwiteit, bekend as PIAMI. Maar 'n jaar later sê regeringskenner Pius Dunaiski dat baie Namibiërs steeds wag om te sien of daardie visie tot werklike vordering met…
10 Mar 12AM 1 min

Iran: Draai solank jou sente om

Namibië kan binnekort stygende brandstofkoste in die gesig staar, met internasionale oliepryse wat al meer as 100 Amerikaanse dollar per vat beloop. Die situasie word vererger deur verwagte brandstofprysstygings in Suid-Afrika volgende maand. Aangesien Namibië swaar op invoere van die buurland staatmaak, kan die verhogings voedselpryse opstoot, landbou onder druk…
10 Mar 12AM 1 min

Kenner sê te veel klem word op matriekslaagsyfers geplaas

'n Navorser aan die Universiteit Stellenbosch, Rebecca Selkirk, sê die herhaling van grade 10 en 11 help nie altyd leerders nie. Haar studie in die Wes-Kaap het bevind die herhaling van graad 11 het beter matriekuitslae getoon, maar die uitwerking het in 2020 swakker geword toe minder leerders die graad…
9 Mar 11PM 1 min

Iran sê hy kan nog lank die oorlog onderhou

Iran kan nog lank met die oorlog aangaan en sien geen moontlikheid van diplomasie om die konflik te beëindig nie, sê Kamal Kharazi, buitelandse beleidsadviseur aan die kantoor van die opperleier. CNN se Frederik Pleitgen het ekslusief met Kharazi in Teheran gepraat. Pleitgen het aangehaal dat Amerika sê dit het…
9 Mar 11PM 1 min