Multichoice groet Showmax

Loading player...
Die Showmax-raad het planne aangekondig dat die stromingsdiens gestaak sal word, met verwysing na langtermynvolhoubaarheid en strategiese prioriteite. In 'n brief wat Donderdag aan intekenare gestuur is, sê die maatskappy die raad het na 'n omvattende oorsig besluit om die Showmax-diens in die nabye toekoms te staak. Die direksie sê die skuif weerspieël hulle fokus op die versterking van algehele digitale aanbod en die versekering van langtermyn volhoubaarheid in 'n toenemend mededingende stroomomgewing. Kosmos 94.1 Nuus het met Multichoice Namibië se besturende direkteur, Roger Gertze gepraat.
5 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Graad gevang ... wat nou?

Die tersiêre onderwyslandskap vier duisende nuwe gegradueerdes, soos die meer as 4 000 wat vandeesweek by Unam graad gevang het, en van ander instellings. Die vieringe word egter getemper deur die harde werklikheid van gegradueerdes wat sukkel om werk te kry, waarvan baie vir jare na graduering vassteek. Kosmos 94.1…
30 Apr 6AM 1 min

Namfisa sê oor NHP-ondersoek

Namfisa ondersoek die Namibia Health Plan na 'n vlaag van diensontwrigtings en betalingsagterstande. Die probleme het op 1 April begin nadat die fonds sy bestuur na Universal Care oorgeskakel het. Met gesondheidsorgverskaffers soos tandartse en fisioterapeute wat massiewe onbetaalde eise rapporteer, het sommige verenigings reeds direkte betaling van pasiënte begin…
30 Apr 6AM 1 min

Transworld Cargo beplan tweede besending avo's na Nederland

Na die suksesvolle uitvoer van 400 ton vars avokadopere vanaf Zambië na Rotterdam in Nederland, is daar nog ‘n pluimpie vir TransWorld Cargo. Na die eerste besending ooit middel-Maart suksesvol na die Walvisbaai-hawe uitgevoer is, is ‘n tweede besending nou in die pyplyn. Fritz Kaufmann, TransWord Cargo se besigheid-ontwikkelings bestuurder…
30 Apr 6AM 1 min

Brent klim met 17% in afgelope week

Brent ru-olie het in die afgelope week met meer as 17 persent gestyg en terwyl die kommoditeit effe teruggesak het na 112 Amerikaanse dollar ‘n vat, het dit vroeë meer as 120 dollar bereik. Namibiese bestuurders sit op hete kole in afwagting op die Mei-brandstofprys wat volgende week in werking…
30 Apr 5AM 1 min

Kommer oor xenofobie wat toeneem in SA

Die regering doen 'n beroep op die publiek om onwettige aktiwiteite by wetstoepassingsowerhede aan te meld en nie die wet in eie hande te neem nie. Die pleidooi volg na voortgesette openbare aktiwiteite oor die onwettige immigrante-kwessie, insluitend protesoptogte deur die anti-onwettige migrasiegroep March and March. Die adjunk-regeringswoordvoerder William Baloyi…
30 Apr 5AM 1 min