Saftu wil weet van buitengewone verhoging vir Sekretaris van Parlement

Loading player...
Die vakbondfederasie Saftu het kommer uitgespreek oor die buitengewone verhoging in die sekretaris van die Parlement se vergoeding. Na wat berig word is Xolile George se salaris oor 'n tydperk van net meer as 17 maande van 2,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot meer as 4 miljoen verhoog, wat 'n styging van meer as 70-persent is. Asive Dyani van Saftu sê hoewel die verhoging volgens prosedure kan wees, is die Parlement nie uitgesluit van politieke en etiese verantwoordelikheid om aan die publiek verslag te doen nie:
5 Mar 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Een oorlewende in minibus na gru Arandis-ongeluk

Emergency Medical Services was van die nooddienste wat op die toneel was by die noodlottige ongeluk naby Arandis Woensdagaand. ‘n Minibus van voor teen ‘n vragmotor gebots met agt insittendes daarin. Die 48-jarige vragmotorbestuurder het beserings opgedoen en volgens Brendon Scott van die nooddiens, het een insittende in die minibus…
30 Apr 6AM 1 min

Brandstofheffings: Outa vra begrotingsbestuur

Die Organisasie Teen Belastingmisbruik, sê hoewel die verlenging van die brandstofheffingverligting in Mei korttermynhulp aan verbruikers bied, moet die regering die geleentheid gebruik om fiskale dissipline te versterk. Die organisasie vra strenger beheer oor openbare besteding, minder verkwistende uitgawes en verbeterde deursigtigheid rondom strategiese brandstofreserwes. Outa se uitvoerende hoof, Wayne…
30 Apr 6AM 1 min

Graad gevang ... wat nou?

Die tersiêre onderwyslandskap vier duisende nuwe gegradueerdes, soos die meer as 4 000 wat vandeesweek by Unam graad gevang het, en van ander instellings. Die vieringe word egter getemper deur die harde werklikheid van gegradueerdes wat sukkel om werk te kry, waarvan baie vir jare na graduering vassteek. Kosmos 94.1…
30 Apr 6AM 1 min

Namfisa sê oor NHP-ondersoek

Namfisa ondersoek die Namibia Health Plan na 'n vlaag van diensontwrigtings en betalingsagterstande. Die probleme het op 1 April begin nadat die fonds sy bestuur na Universal Care oorgeskakel het. Met gesondheidsorgverskaffers soos tandartse en fisioterapeute wat massiewe onbetaalde eise rapporteer, het sommige verenigings reeds direkte betaling van pasiënte begin…
30 Apr 6AM 1 min