ANC sê DA lieg oor Tshwane waterkrisis

Loading player...
Die ANC beskuldig die DA daarvan dat hulle 'n desperate verkiesingsveldtog voer deur valse berigte oor 'n finansiële en waterkrisis in Tshwane te versprei. Die party sê die DA oordryf diensleweringsuitdagings en ignoreer sy eie rol in verwaarlosing van infrastruktuur en finansiële wanbestuur gedurende sy ampstermyn. Joel Masilela ka Mahlangu van die ANC verseker inwoners die ANC-geleide koalisie werk om watertekorte aan te spreek en dienste te herstel:
5 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Justisieminister toer gemeenskapshowe

Justisieminister Filemon Wise Immanuel maak vandag 'n kritieke tweedaagse kennismakingstoer van gemeenskapshowe in die Kunene-streek klaar. Die besoek fokus op die evaluering van landelike bedrywighede en die versterking van die vennootskap tussen die regering en tradisionele owerhede. Die ministerie se hoof-kommunikasiebeampte, Edmund Khoaseb, gee meer inligting.
30 Apr 8AM 1 min

Minibus vir 14 passasiers vervoer 34 leerders

Die taakspan van die Tshwane Metropolisiedepartement het 'n minibus op die R-80 Mabopanehoofweg by Theo Martins-poort voorgekeer en daarop beslag gelê weens oorlading en die bedryf van sake sonder 'n permit. Die minibus is gedurende 'n roetinepatrollie voorgekeer. Woordvoerder Puleng Motholo sê daar is vasgestel daar was 34 leerders in…
30 Apr 8AM 1 min

Een oorlewende in minibus na gru Arandis-ongeluk

Emergency Medical Services was van die nooddienste wat op die toneel was by die noodlottige ongeluk naby Arandis Woensdagaand. ‘n Minibus van voor teen ‘n vragmotor gebots met agt insittendes daarin. Die 48-jarige vragmotorbestuurder het beserings opgedoen en volgens Brendon Scott van die nooddiens, het een insittende in die minibus…
30 Apr 6AM 1 min

Brandstofheffings: Outa vra begrotingsbestuur

Die Organisasie Teen Belastingmisbruik, sê hoewel die verlenging van die brandstofheffingverligting in Mei korttermynhulp aan verbruikers bied, moet die regering die geleentheid gebruik om fiskale dissipline te versterk. Die organisasie vra strenger beheer oor openbare besteding, minder verkwistende uitgawes en verbeterde deursigtigheid rondom strategiese brandstofreserwes. Outa se uitvoerende hoof, Wayne…
30 Apr 6AM 1 min