'Jy begin nie 'n oorlog op 'n gevoel nie'

Loading player...
Reaksie is ontvang op berigte uit die VSA dat die Withuis sê president Donald Trump het ‘n gevoel gehad Iran sal ‘n aanval uitvoer en daarom het hy opdrag gegee dat Operasie Epic Fury uitgevoer moet word. Die kongreslid en afgetrede Amerikaanse kolonel Eugene Vindman sê jy begin nie ‘n oorlog op ‘n gevoel of hoop nie. Hy het met CNN gepraat.
5 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump sê oorlog binnekort verby

President Donald Trump van Amerika sê hulle het goeie vordering gemaak in die oorlog teen Iran en dat hulle militêre optrede in Teheran binnekort kan eindig. Amerika se weermag het meer as 5 000 teikens getref sedert die konflik begin het, terwyl Iran wraakaanvalle op Israelse en Amerikaanse basisse in…
10 Mar 1AM 1 min

SA en Brasilië moet nouer saamwerk

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Brasilië deel ’n verbintenis tot gelykheid, ekonomiese groei en die uitwissing van armoede. Hy het gister met ’n tweedaagse staatsbesoek in dié land begin om bilaterale betrekkinge te versterk. Ramaphosa sê die gedeelde waardes tussen Suid-Afrika en Brasilië bied ’n sterk basis om praktiese,…
10 Mar 1AM 1 min

Daar’s nog nie dreigende brandstoftekorte nie

Namibiërs vrees die land sal 'n tekort aan brandstof ondervind weens die oorlog van Israel en Amerika teen Iran. Kosmos 94.1 Nuus het met die energieministerie gepraat wat die versekering gee dat ander markte ondersoek sal word maar dat reserwes sterk staan, ongeveer drie maande. Namcor het ook bevestig dat…
10 Mar 1AM 1 min

Namibiërs wag nog vir voordele van NNN se PIAMI

Presies een jaar gelede het president Netumbo Nandi-Ndaitwah 'n ambisieuse regeringsraamwerk uiteengesit wat op vyf pilare gebou is: pragmatisme, integriteit, verantwoordbaarheid, meritokrasie en inklusiwiteit, bekend as PIAMI. Maar 'n jaar later sê regeringskenner Pius Dunaiski dat baie Namibiërs steeds wag om te sien of daardie visie tot werklike vordering met…
10 Mar 12AM 1 min

Iran: Draai solank jou sente om

Namibië kan binnekort stygende brandstofkoste in die gesig staar, met internasionale oliepryse wat al meer as 100 Amerikaanse dollar per vat beloop. Die situasie word vererger deur verwagte brandstofprysstygings in Suid-Afrika volgende maand. Aangesien Namibië swaar op invoere van die buurland staatmaak, kan die verhogings voedselpryse opstoot, landbou onder druk…
10 Mar 12AM 1 min