NHE het wesenlike uitdagings

Loading player...
Die Nasionale Behuisingsonderneming het onder hernieude kritiek deurgeloop nadat hulle slegs 112 huise in die afgelope finansiële jaar voltooi het, ver onder sy ambisieuse teiken van 5 000 huise per jaar. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die voormalige uitvoerende hoof van die onderneming, Mike Kavekotora, die teiken as onrealisties beskryf, met verwysing na finansiële en kapasiteitsbeperkings. Kavekotora sê die onderneming het nie die befondsing en tegniese bevoegdheid om lewering op te skaal nie, en voer aan dat hy sonder beduidende regeringsondersteuning streng op laekostebehuising moet fokus.
4 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nanso blameer SPYL, politiek vir Jeugraad-chaos

Die onderwysministerie het die Nasionale Jeugraad se Algemene Vergadering amptelik uitgestel na 'n die geweld en chaos wat oor die naweek nege afgevaardiges beseer het met sommige wat gehospitaliseer is. Nanso se president Dorthea Nangolo blameer die Swapo-jeugliga en politiek.
21 Jun 11PM 1 min

Buitelanders sonder papiere hoort nie in SA nie - Ramaphosa

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê alle buitelandse burgers sonder behoorlike permitte en dokumentasie mag nie in Suid-Afrika wees nie. Ramaphosa het die ANC se kieserregistrasieveldtog in die Stad Ekurhuleni gelei. Die March and March-beweging, saam met ander organisasies, betoog voortdurend teen buitelandse burgers en eis dat alle…
21 Jun 11PM 1 min

Nog koue volgende week op pad

Die gebiede in die Hardap- en ǀǀKharas-streke waar dit dié week gereën het kan oor die naweek nog reën verwag, vanweë 'n sterk bolug-stelsel, wat besig is om weg te beweeg en ook reën oor die meer oostelike Suide sal veroorsaak. Dit is volgens weerkenner George van der Merwe, wat…
21 Jun 5AM 1 min

SAPD is gereed vir 39 Junie - Cachalia

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sê hy vertrou die polisie is operasioneel voorbereid is om die wet te handhaaf en af te dwing met die beplande optogte teen buitelandse burgers op 30 Junie. Die minister se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê hoewel die grondwetlike reg op vreedsame protes gerespekteer…
21 Jun 4AM 1 min

Verslag kyk na impak van Huwelikswet op LGBT-gemeenskap

'n Nuwe verslag het uitgelig hoe wetgewing soos die Huwelikswet van 2024 steeds vordering met LGBT-regte in Namibië vertraag. Abigail Solomons, die outeur van die IPPR-gepubliseerde verslag, “Not Yet Uhuru – Gender and LGBT Rights in Namibia: Opportunities, Gaps and Challenges”, sê die regsgemeenskap en die burgerlike samelewing moet saamwerk…
21 Jun 3AM 1 min