Trump beledig Starmer tydens perskonferensie

Loading player...
Berigte het na vore gekom dat president Donald Trump se frustrasie toeneem nadat Britse premier Keir Starmer aanvanklik gehuiwer het om die VSA toe te laat om die Diego Garcia-basis by die Chagos-eilande naby Mauritius vir aanvalle teen Iran te gebruik. Trump sê hy is baie teleurgesteld dat Starmer te lank geneem het om toestemming te verleen. Trump was uiters beledigend teenoor Starmer by die Withuis-perskonferensie na sy ontmoeting met Duitse kanselier Friedrich Merz.
4 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

GRN sal voedselsekerheid moet verskerp

Die Straat van Hormuz is gesluit is vir olie-verskeping maar ander uitvoere is ook in die gedrang. Sowat 30 persent van die wêreld se kunsmis word ook deur die Straat verskeep. Stapelvoedsel soos rys en graan sal nie net weens 'n hoër olieprys duurder word nie, maar die beskikbaarheid van…
10 Mar 3AM 1 min

Geen onderhandelinge meer nie - Iran

Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, het die kans op onderhandelings met Amerika verwerp en verwys na verlede maand se laaste gesprekke oor kernwapens. Amerikaanse en Israelse vegvlieëniers het gister opnuut teikens in Iran aangeval in die tweede week van die konflik. Araghchi het aan PBS News gesê…
10 Mar 3AM 1 min

Eskom hof toe gesleep oor kernprojek naby Koeberg

Eskom se voorgestelde kernkragprojek by Duynefontein naby Koeberg gaan in die Hooggeregshof in die Wes-Kaap betwis word weens kommer oor die omgewingsgoedkeuring van die projek. Omgewingsgroepe, insluitend die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut, voer aan die omgewingsgoedkeuring vir die lank uitgestelde projek is teenstrydig met die omgewingsimpakstudiewette. Francesca de Gasparis van…
10 Mar 3AM 1 min

Trump se ondersteuning daal skerp

’n Verdoemende nuwe peiling wys dat Amerikaanse president Donald Trump skerp openbare afkeur in die gesig staar, wat Republikeinse vooruitsigte in die middeltermyn-verkiesings sal beïnvloed. Die jongste NBC News-peiling, wat tussen 27 Februarie en 3 Maart gedoen is, toon dat Demokrate die Republikeine met 6 persentasiepunte lei, met 50 persent…
10 Mar 3AM 1 min

Groenwaterstof-lokomotiewe kom later

CMB.TECH Namibia beplan om Namibië se groot vloot stilstaande lokomotiewe met groenwaterstof op te gradeer. Die maatskappy se hooftegnologiebeampte, Roy Campe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle met die omskakeling van 'n operasionele lokomotief wil wys hoe waterstof in vragspoor geïntegreer kan word sonder nuwe materiaal of groot…
10 Mar 2AM 1 min