Namibiese regering 'sal Iran-situasie beter bestuur as SA'

Loading player...
Die militêre spanning in die Midde-Ooste stuur skokgolwe deur die wêreldpolitiek en -markte, met stygende oliepryse en ekonomiese onsekerheid wat die hoofopskrifte oorheers. Nader aan die huis word vrae geopper oor streeksalliansies, aangesien Suid-Afrika, Namibië se grootste handelsvennoot, vriendelike bande met Iran handhaaf. Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor André Duvenhage het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die implikasies van hierdie belyning is grootliks negatief, maar die Namibiese regering blyk meer pragmaties te wees.
3 Mar 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Begroting het onderliggende strukturele swakhede

Reaksie word steeds ontvang op die 2026/27 nasionale begroting, met FNB Namibië wat sê dat dit 'n fiskale pad uiteensit wat funksioneel bly, maar toenemend blootgestel word aan onderliggende strukturele swakhede. FNB-ontleder Ndateelela Amukuhu sê stygende rentekoste, verlangsamende inkomstegroei, afhanklikheid van binnelandse lenings en optimistiese makro-ekonomiese aannames dui op 'n…
10 Mar 5AM 1 min

Tshwane betaal R37m in 'n jaar aan geskorste amptenare

Die Vryheidsfront Plus sê die Stad Tshwane het in die 2024/2025-boekjaar meer as 37 miljoen Suid-Afrikaanse rand se salarisse betaal aan geskorste amptenare wat tuis sit en wag vir hul tugverhore. 'n Verslag van die afdeling vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste toon 27 werknemers is tans geskors, waarvan 23 langer…
10 Mar 5AM 1 min

GRN sal voedselsekerheid moet verskerp

Die Straat van Hormuz is gesluit is vir olie-verskeping maar ander uitvoere is ook in die gedrang. Sowat 30 persent van die wêreld se kunsmis word ook deur die Straat verskeep. Stapelvoedsel soos rys en graan sal nie net weens 'n hoër olieprys duurder word nie, maar die beskikbaarheid van…
10 Mar 3AM 1 min

Geen onderhandelinge meer nie - Iran

Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, het die kans op onderhandelings met Amerika verwerp en verwys na verlede maand se laaste gesprekke oor kernwapens. Amerikaanse en Israelse vegvlieëniers het gister opnuut teikens in Iran aangeval in die tweede week van die konflik. Araghchi het aan PBS News gesê…
10 Mar 3AM 1 min

Eskom hof toe gesleep oor kernprojek naby Koeberg

Eskom se voorgestelde kernkragprojek by Duynefontein naby Koeberg gaan in die Hooggeregshof in die Wes-Kaap betwis word weens kommer oor die omgewingsgoedkeuring van die projek. Omgewingsgroepe, insluitend die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut, voer aan die omgewingsgoedkeuring vir die lank uitgestelde projek is teenstrydig met die omgewingsimpakstudiewette. Francesca de Gasparis van…
10 Mar 3AM 1 min