GNU hof toe gesleep oor BKS-inenting

Loading player...
Landbougroepe het 'n dringende aansoek by die hof in Pretoria ingedien om regeringsbeperkings te keer wat boere verhinder om hul kuddes self teen bek-en-klouseer in te ent. Die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, Vrystaat Landbou en Sakeliga voer aan dat hierdie reëls onwettig is en verdere skade aan boere se lewensbestaan veroorsaak namate die siekte verder versprei. Die uitvoerende hoof van Saai, Francois Rossouw, sê hulle soek 'n tussentydse interdik om wettige privaat inenting toe te laat:
3 Mar 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SAPD keer meer as 16 000 verdagtes in een week aan

Die polisie het meer as 16 000 verdagtes landwyd in hegtenis geneem tydens 'n weeklange misdaadbestrydings-veldtog wat Sondag geëindig het. Die meeste inhegtenisnemings was in Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Woordvoerder Vincent Mukhathi sê 2 600 gesoekte misdadigers is aangekeer vir moord, poging tot moord, verkragting, die onwettige besit van vuurwapens,…
10 Mar 6AM 1 min

Reeves waarsku oof stygende Britse inflasie

Die Verenigde Koninkryk se minister van Finansies, Rachel Reeves, waarsku die situasie in die Midde-Ooste gaan waarskynlik in die komende maande inflasie laat styg. Sy het gister in die Parlement ’n noodverklaring gelewer oor die ekonomiese uitwerking van Amerika en Israel se oorlog teen Iran. Dit volg nadat sy virtueel…
10 Mar 6AM 1 min

Nictus Holdings vestig in Botswana

Nictus Holdings brei sy finansiële dienste-voetspoor na Botswana uit met die registrasie van Corporate Guarantee & Insurance Company of Botswana. Die uitbreiding vorm deel van die maatskappy se breër strategie om sy streeksteenwoordigheid te versterk, nuwe markgeleenthede te ontsluit en kliënte van toegevoegde waarde te voorsien. Groep besturende direkteur Philippus…
10 Mar 6AM 1 min

So kan brandstofpryse in April styg

Namibiërs kan na verwagting 'n petrolprys verhoging van 3 Namibiese dollar in April verwag. Op hulle beurt verwag Suid Afrikaners meer as 4 Suid-Afrikaanse rand per liter. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat.
10 Mar 6AM 1 min

Olie en gas: Versigtig vir burokrasie, vertragings

Energieprokureur Shakwa Nyambe waarsku dat vertragings in die goedkeuring van belangrike lisensie-oordragte beleggers in Namibië se opkomende oliesektor kan afskrik. Vanaf Maart ondervind energiereuse TotalEnergies, Galp en Petrobras steeds vertragings wat verband hou met administratiewe verwarring en hangende goedkeurings van die regering. Die ministerie van energie het 'n Februarie-ooreenkoms tussen…
10 Mar 6AM 1 min