Die polisie het meer as 16 000 verdagtes landwyd in hegtenis geneem tydens 'n weeklange misdaadbestrydings-veldtog wat Sondag geëindig het. Die meeste inhegtenisnemings was in Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Woordvoerder Vincent Mukhathi sê 2 600 gesoekte misdadigers is aangekeer vir moord, poging tot moord, verkragting, die onwettige besit van vuurwapens,…
Die Verenigde Koninkryk se minister van Finansies, Rachel Reeves, waarsku die situasie in die Midde-Ooste gaan waarskynlik in die komende maande inflasie laat styg. Sy het gister in die Parlement ’n noodverklaring gelewer oor die ekonomiese uitwerking van Amerika en Israel se oorlog teen Iran. Dit volg nadat sy virtueel…
Nictus Holdings brei sy finansiële dienste-voetspoor na Botswana uit met die registrasie van Corporate Guarantee & Insurance Company of Botswana. Die uitbreiding vorm deel van die maatskappy se breër strategie om sy streeksteenwoordigheid te versterk, nuwe markgeleenthede te ontsluit en kliënte van toegevoegde waarde te voorsien. Groep besturende direkteur Philippus…
Namibiërs kan na verwagting 'n petrolprys verhoging van 3 Namibiese dollar in April verwag. Op hulle beurt verwag Suid Afrikaners meer as 4 Suid-Afrikaanse rand per liter. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat.
Energieprokureur Shakwa Nyambe waarsku dat vertragings in die goedkeuring van belangrike lisensie-oordragte beleggers in Namibië se opkomende oliesektor kan afskrik. Vanaf Maart ondervind energiereuse TotalEnergies, Galp en Petrobras steeds vertragings wat verband hou met administratiewe verwarring en hangende goedkeurings van die regering. Die ministerie van energie het 'n Februarie-ooreenkoms tussen…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.