Regering kan hoër pensioene bekostig, maar wil nie: Itula

Loading player...
IPC-president Panduleni Itula het die regering daarvan beskuldig dat hy pensioenarisse verwaarloos deur nie president Hage Geingob se belofte van 2024 na te kom om die ouderdomspensioen tot 3 000 Namibiese dollar te verhoog nie. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het later belowe om die verhoging te implementeer as sy as president verkies word. In die jongste nasionale begroting het pensioenarisse egter slegs 'n verhoging van 100 dollar ontvang, wat die maandelikse toelaag op 1 700 dollar te staan bring. Itula het vanoggend by sy amptelike perskonferensie na die begroting gepraat:
2 Mar 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stad Windhoek waarsku ook oor 'veldbrande'

Stad Windhoek doen 'n beroep op inwoners om onmiddellik op te tree om hul eiendomme teen veldbrande te beskerm, en waarsku dat droë plantegroei na bogemiddelde reënval die risiko van vinnig verspreidende veldbrande aansienlik verhoog het. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die woordvoerder van die munisipaliteit, Lydia…
22 Jun 6AM 1 min

Cachalia sal die week brandpunte vir 30 Junie besoek

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sal die week besoek aflê by geïdentifiseerde brandpunte waar groter onbestendigheid verwag word as gevolg van die voortslepende protesoptogte. Die March and March-beweging, saam met ander organisasies, organiseer voortdurende protesoptogte teen buitelandse burgers en eis dat alle ongedokumenteerde immigrante die land teen 30…
22 Jun 6AM 1 min

Weer: 'n Trui saam met jou kortbroek en later, 'n sambreel

Weerkenners sê die weer sal nie meer so koud wees soos die afgelope week nie. Vir die boere beteken dit 'n kortbroek en 'n trui. Maar, die reën is nog nie verby nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Meteorologiese Diens se weervoorspeller Albertina Anderson gepraat.
22 Jun 6AM 1 min

Landboukenner sê oor skuiwe deur Meatco, Beefcor, en Savanna se uitvoere

Namibië se beesvleisbedryf word toenemend gevorm deur strategiese keuses wat uitvoerabattoirs maak oor wáár en hoé hulle hul produkte bemark, keuses wat moontlik in die toekoms tot voordeel van plaaslike produsente kan strek. So 'n voorbeeld is Meatco se onlangse goedkeuring om direk aan Woolworths, verbruiker-gereed produkte te verkoop. Kosmos…
22 Jun 6AM 1 min