Sokkerspelers 'wat monde bedek moet afgestuur word'

Loading player...
Sokker: FIFA se president, Gianni Infantino, sê spelers wat hul monde bedek tydens onderonsies op die veld moet afgestuur word. Dit volg nadat Real Madrid se voorspeler, Vinícius Júnior, vir Gianluca Prestianni van Benfica beskuldig het van rassistiese aanmerkings in hul Kampioeneliga-uitspeelwedstryd. Prestianni het sy mond bedek tydens die beweerde voorval, wat deur UEFA ondersoek word. Infantino het aan Sky News gesê hulle is ernstig oor die bekamping van rassisme:
2 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SAPD keer meer as 16 000 verdagtes in een week aan

Die polisie het meer as 16 000 verdagtes landwyd in hegtenis geneem tydens 'n weeklange misdaadbestrydings-veldtog wat Sondag geëindig het. Die meeste inhegtenisnemings was in Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Woordvoerder Vincent Mukhathi sê 2 600 gesoekte misdadigers is aangekeer vir moord, poging tot moord, verkragting, die onwettige besit van vuurwapens,…
10 Mar 6AM 1 min

Reeves waarsku oof stygende Britse inflasie

Die Verenigde Koninkryk se minister van Finansies, Rachel Reeves, waarsku die situasie in die Midde-Ooste gaan waarskynlik in die komende maande inflasie laat styg. Sy het gister in die Parlement ’n noodverklaring gelewer oor die ekonomiese uitwerking van Amerika en Israel se oorlog teen Iran. Dit volg nadat sy virtueel…
10 Mar 6AM 1 min

Nictus Holdings vestig in Botswana

Nictus Holdings brei sy finansiële dienste-voetspoor na Botswana uit met die registrasie van Corporate Guarantee & Insurance Company of Botswana. Die uitbreiding vorm deel van die maatskappy se breër strategie om sy streeksteenwoordigheid te versterk, nuwe markgeleenthede te ontsluit en kliënte van toegevoegde waarde te voorsien. Groep besturende direkteur Philippus…
10 Mar 6AM 1 min

So kan brandstofpryse in April styg

Namibiërs kan na verwagting 'n petrolprys verhoging van 3 Namibiese dollar in April verwag. Op hulle beurt verwag Suid Afrikaners meer as 4 Suid-Afrikaanse rand per liter. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat.
10 Mar 6AM 1 min

Olie en gas: Versigtig vir burokrasie, vertragings

Energieprokureur Shakwa Nyambe waarsku dat vertragings in die goedkeuring van belangrike lisensie-oordragte beleggers in Namibië se opkomende oliesektor kan afskrik. Vanaf Maart ondervind energiereuse TotalEnergies, Galp en Petrobras steeds vertragings wat verband hou met administratiewe verwarring en hangende goedkeurings van die regering. Die ministerie van energie het 'n Februarie-ooreenkoms tussen…
10 Mar 6AM 1 min