VK keur VSA-gebruik van basisse vir aanvalle op Iran goed

Loading player...
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê sy land het ’n versoek van Amerika goedgekeur om Britse Weermagbasisse te gebruik vir verdedigende aanvalle teen Iran. Die Lugmagbasisse is Fairford in Gloucestershire en die hoogs omstrede Diego Garcia op die Chagos-eilande. Starmer het herhaal dat Brittanje nie betrokke was in Saterdag se Amerikaans-Israelse lugaanvalle op Iran waarin die land se opperleier, Ali Khamenei, dood is nie:
2 Mar 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stad Windhoek waarsku ook oor 'veldbrande'

Stad Windhoek doen 'n beroep op inwoners om onmiddellik op te tree om hul eiendomme teen veldbrande te beskerm, en waarsku dat droë plantegroei na bogemiddelde reënval die risiko van vinnig verspreidende veldbrande aansienlik verhoog het. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die woordvoerder van die munisipaliteit, Lydia…
22 Jun 6AM 1 min

Cachalia sal die week brandpunte vir 30 Junie besoek

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sal die week besoek aflê by geïdentifiseerde brandpunte waar groter onbestendigheid verwag word as gevolg van die voortslepende protesoptogte. Die March and March-beweging, saam met ander organisasies, organiseer voortdurende protesoptogte teen buitelandse burgers en eis dat alle ongedokumenteerde immigrante die land teen 30…
22 Jun 6AM 1 min

Weer: 'n Trui saam met jou kortbroek en later, 'n sambreel

Weerkenners sê die weer sal nie meer so koud wees soos die afgelope week nie. Vir die boere beteken dit 'n kortbroek en 'n trui. Maar, die reën is nog nie verby nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Meteorologiese Diens se weervoorspeller Albertina Anderson gepraat.
22 Jun 6AM 1 min

Landboukenner sê oor skuiwe deur Meatco, Beefcor, en Savanna se uitvoere

Namibië se beesvleisbedryf word toenemend gevorm deur strategiese keuses wat uitvoerabattoirs maak oor wáár en hoé hulle hul produkte bemark, keuses wat moontlik in die toekoms tot voordeel van plaaslike produsente kan strek. So 'n voorbeeld is Meatco se onlangse goedkeuring om direk aan Woolworths, verbruiker-gereed produkte te verkoop. Kosmos…
22 Jun 6AM 1 min