Woord vir Vandag - 5 Maart 2026

Loading player...
“Dawid het die kop van die Filistyn gevat en dit na Jerusalem toe gebring, maar sy wapens in sy eie tent neergesit.” 1 Samuel 17:54 NLV
Heilige herinneringe
Elke keer wat Dawid Goliat se wapens in sy tent sien hang het, was dit ‘n heilige herinnering aan God se getrouheid teenoor hom en aan God se krag. Die woord onthou word amper 250 keer in die Skrif genoem. Daar is ‘n rede daarvoor. Ons is geneig om dit wat ons behoort te vergeet, te onthou en dit wat ons moet onthou, te vergeet. Dis hoekom God ons altyd aansê om altare te bou of gedenkstene op te rig. Jakob het ‘n altaar by Bet-El gebou, waar God aan hom ‘n lewensveranderende droom gegee het (sien Genesis 28:18-22). Die Israeliete het twaalf klippe uit die Jordaanrivier geneem om ‘n altaar in Gilgal te bou, wat hulle sou herinner aan hoe God die water van die Jordaanrivier op ‘n wonderbaarlike wyse vir hulle geskei het (sien Josua 4:20-24). Samuel het ‘n oorwinningsaltaar by Mispa genaamd ‘Eben-Haeser’ gebou, nadat God sy gebede beantwoord het en die Filistyne met ‘n bonatuurlike krag verslaan het (sien 1 Samuel 7:12). Sonder heilige herinneringe, vergeet ons die geestelike lesse wat ons op die pad geleer het. Die Bybel teken die gewig van Goliat se wapenrusting aan: sy borsharnas het 57 kilogram geweeg en sy spies het 7 kilogram geweeg. Elke keer wat Dawid sy tent afgeslaan en êrens ander weer opgeslaan het, het Goliat se wapenrusting saamgegaan. Hoekom? Omdat dit ‘n daaglikse herinnering van God se getrouheid teenoor Dawid was. Dit het ook gedien om Dawid se selfvertroue te bou. Wat ook al die toekoms vir Dawid ingehou het, hy het geweet dat hy dit met God se hulp kon hanteer. Daar is twee lesse hieruit te leer: Eerstens, as God dit vir Dawid gedoen het, sal Hy dit vir jou ook doen. Tweedens, as God dit vantevore gedoen het, kan Hy dit weer doen.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Aug 2026

“Let us not become weary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up.” Galatians 6:9 NIV Keep on keeping on Some of the world’s most successful people were told by so-called experts that they didn’t have what it took…
28 Jul 1 min

Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV Hou aan Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies…
28 Jul 2 min

Word for Today - 30 Aug 2026

“Who is this uncircumcised Philistine?” 1 Samuel 17:26 NKJV Trust your covenant with God Fourteen generations before David fought Goliath, God told Abraham, “I will bless those who bless you, and whoever curses you I will curse” (Genesis 12:3 NIV). Later, God extended this covenant to Abraham’s descendants and inserted…
28 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 30 Aug 2026

“…Wie is hierdie onbesnede Filistyn...?” 1 Samuel 17:26 NLV Vertrou in jou verbond met God Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: ‘Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek…’ (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie…
28 Jul 2 min

Word for Today - 29 Aug 2026

“Christ…entered…into heaven…to appear in the presence of God for us.” Hebrews 9:24 NKJV Jesus is in your corner (2) Growing up, many of us had no clue what our parents did forty hours a week. We might have known where they worked, but we weren’t altogether sure what they did…
28 Jul 1 min