Woord vir Vandag - 1 Maart 2026

Loading player...
“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word…” Jakobus 5:16 NLV
Genesing vir ‘n geliefde
As gevolg van die verbintenis met diegene vir wie ons lief is, kry ons seer wanneer hulle seerkry. Een van die belangrikste dinge wat ons kan doen, is om in gebed vir diegene wat genesing nodig het, in te tree. God kan ons as ‘n agent van genesing gebruik: ‘Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ’n kragtige werking.’ Ons sien hierdie beginsel dwarsdeur die Bybel. ‘n Romeinse offisier het Jesus gevra om sy slaaf te genees en Christus het hom nie teleurgestel nie (sien Matteus 8:5-7). Vier mense het die dak van ‘n huis oopgebreek om hul siek vriend in Jesus se teenwoordigheid te kry, sodat hy van verlamming genees kon word. Jesus het vir hom gesê: ‘Staan op, tel jou bed op en loop’ (sien Markus 2:1-11). ‘n Besorgde pa het na Jesus gegaan toe sy dogter op die randjie van die dood was. Terwyl Jesus nog op pad was na sy huis, het sy dogtertjie gesterf. Jesus het na haar bed toe gestap en gesê: ‘…’Dogtertjie, staan op!’ Onmiddellik het die dogtertjie op haar voete gekom en begin rondstap - sy was immers al twaalf jaar oud. Haar ouers was absoluut in ekstase’ (Markus 5:41-42 NLV). Een van die laaste beloftes wat Jesus vir ons gegee het voordat Hy opgevaar het hemel toe, was die volgende: ‘Hierdie is die wondertekens wat dié sal beleef wat glo… Hulle sal siekes die hande oplê, en hulle sal gesond word’ (Markus 16:17-18 NLV). Bely die volgende: ‘As ‘n gelowige in Christus, het ek die gesag om te bid, om hande op die siekes te lê en te sien hoe hulle genees word, want die Gees van God woon in my.’
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Aug 2026

“Let us not become weary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up.” Galatians 6:9 NIV Keep on keeping on Some of the world’s most successful people were told by so-called experts that they didn’t have what it took…
28 Jul 1 min

Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV Hou aan Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies…
28 Jul 2 min

Word for Today - 30 Aug 2026

“Who is this uncircumcised Philistine?” 1 Samuel 17:26 NKJV Trust your covenant with God Fourteen generations before David fought Goliath, God told Abraham, “I will bless those who bless you, and whoever curses you I will curse” (Genesis 12:3 NIV). Later, God extended this covenant to Abraham’s descendants and inserted…
28 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 30 Aug 2026

“…Wie is hierdie onbesnede Filistyn...?” 1 Samuel 17:26 NLV Vertrou in jou verbond met God Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: ‘Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek…’ (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie…
28 Jul 2 min

Word for Today - 29 Aug 2026

“Christ…entered…into heaven…to appear in the presence of God for us.” Hebrews 9:24 NKJV Jesus is in your corner (2) Growing up, many of us had no clue what our parents did forty hours a week. We might have known where they worked, but we weren’t altogether sure what they did…
28 Jul 1 min