Saterdag oggenddiens - Ds Zak Scholtz

Loading player...
SPREUKE 25
1Die volgende is ook spreuke van Salomo. Koning Hiskia van Juda se amptenare het dit opgeteken.
2Die eer van God lê in wat Hy verborge hou;
konings se eer lê in wat hulle aan die lig bring.
3Soos die hoogte van die hemelruim en die diepte van die aardbodem,
so kan konings se gedagtes ook nie gepeil word nie.
4As jy die slak uit silwer haal,
kan die smid iets van die silwer maak.
5As jy die goddeloses by die koning wegvat,
kan hy regverdig bly regeer.
6Moet jou nie vernaam aanstel by die koning
en op die plek vir hoë mense gaan staan nie.
7Dit is beter dat hy vir jou sê: “Kom op hiernatoe!”
as dat hy jou laat plek maak vir die vername mense.
As jy iets gesien het,
8moenie te haastig teen jou buurman 'n klag indien nie;
wat sal jy agterna doen as hy jou belaglik maak?
9As jy 'n saak teen jou buurman het,
moenie sê wat iemand jou vertroulik meegedeel het nie:
10dit kan by hom uitkom, en hy kan jou tot 'n leuenaar maak,
en dan kry jy vir goed 'n slegte naam.
28 Feb 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

EFESIËRS 3 17dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag…
9 Sep 2AM 11 min