Privaatsektor kredietverlening het in Januarie vanjaar tot 4,1 persent gedaal vanaf 4,4 persent in Desember 2025. FNB Namibië sê dit weerspieël 'n sagter begin van die jaar, ten spyte daarvan dat dit effens bo die groei van 4,1 persent was in Januarie 2025. Dit is hoofsaaklik gedryf deur 'n verlangsaming…
AfriForum is bekommerd oor die polisie se veediefstal-statistieke vir Oktober en Desember 2025 en sê dit skep 'n verwronge beeld van die probleem. Die polisie het 'n afname van 9,6-persent aangeteken, maar AfriForum sê eintlik het die gevalle effens gestyg tussen die tweede en derde kwartaal. Woordvoerder Hennie Bekker waarsku…
Die Namibiese Filmkommissie open môre amptelik Filmweek 2026, wat tot Sondag duur. Die Filmweek sal 159 films uit 16 Afrikalande, insluitend Namibië vertoon. Die program sal 'n reeks paneelbesprekings, meesterklasse en praktiese werkswinkels insluit wat fokus op sleutelaspekte van filmvervaardiging. Die vertonings word by Nust in Windhoek aangebied tussen 10-uur…
Swanu-parlementslid Evilastus Kaaronda het in die Nasionale Vergadering gevra waarom geen formele korrupsie-ondersoek of polisie-arrestasie teen die geskorste uitvoerende hoof van Meatco, Patrick Liebenberg, gemaak is nie. Liebenberg staan tereg op 26 dissiplinêre aanklagte, insluitend die beweerde wanbesteding van meer as 5,5 miljoen Namibiese dollar en bande met die verdwyning…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.