Hongarye gaan stokkie steek voor Rusland-sanksies

Loading player...
Hongarye gaan die Europese Unie se 20ste ronde sanksies teen Rusland verhoed wat vir vandag beplan word en energie, finansiële dienste en handel dek. Die minister van Buitelandse Sake, Peter Szijjarto, sê Hongarye sal nie toelaat dat voortgegaan word met gunstige besluite vir Oekraïne voor hy die olie-oordrag na Hongarye en Slowakye via die Druzhba-pyplyn hervat nie. Die EU se hoof van Buitelandse Beleid, Kaja Kallas, sê sanksies is doeltreffend:
23 Feb 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Misdaad daal in Oshana

Aangemelde misdade in die Oshana-streek het die afgelope jaar aansienlik gedaal, met 'n algehele afname van 13 persent. In sy streeksrede het goewerneur Hofni Iipinge gesê aangemelde misdade het afgeneem van 11 804 gevalle in 2024/2025 tot 10 267 in 2025/2026. Hy het ook 'n afname in gevalle van geslagsgeweld…
22 Jun 11PM 1 min

Drie redes vir Starmer se mislukking

Andy Burnham is Maandag ingesweer as die parlementslid vir Makerfield net ure nadat Britse eerste minister Sir Keir Starmer sy bedanking as leier van die Arbeidersparty aangekondig het. Burnham het bevestig hy sal staan om die eerste minister te vervang, met die steun van 'n potensiële teenstander, voormalige gesondheidminister Wes…
22 Jun 11PM 1 min

Cran verwerp Starlink se lisensie-heroorweging versoek

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het amptelik Starlink Internet Services Namibia se versoek om heroorweging van sy lisensie-aansoek om in die land besigheid te doen, verwerp. Cran se uitvoerende hoof, Emilia Nghikembua, het vanmiddag gesê dat die versoek ingedien is nadat die wettige sperdatum verstryk het. Starlink het sy aansoek…
22 Jun 11AM 1 min

GOOD wil kandidate beveilig sien na sluipmoord

Die GOOD-party sê ʼn sluipmoord in Kaapstad wat met kieserregistrasie verbind word, is ʼn aanval op die stem-proses en elke inwoner se reg om vry en sonder vrees deel te neem. ʼn DA-wykskandidaat in die tussenverkiesing in Dunoon, Sinovuyo Dyokwe, is Saterdag vermoor. Jonathan Cupido van GOOD sê die Verkiesingskommissie,…
22 Jun 11AM 1 min