Kommer oor nuwe mynaansoek by Krugerwildtuin

Loading player...
AfriForum het inligting ontvang dat 'n nuwe mynbou-aansoek ingedien is vir 'n ondergrondse steenkoolmyn op 'n terrein van ongeveer 5 500 hektaar op die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die organisasie bestudeer tans die aansoek om die proses asook die moontlike omgewings-, sosiale en ekonomiese impak te evalueer. Lambert de Klerk van AfriForum sê Tenbosch Mining en die omgewingsmaatskappy wat by die vorige aansoek betrokke was, Kimopax Consulting, is ook by hierdie nuwe aansoek betrokke:
23 Feb 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Pasellatyd voor langnaweke kos Namibië miljoene'

Die staatsdiens wat in die gewoonte verval het om ‘n dag voor ‘n langnaweek om 10:00 sy deure te sluit, kos die Namibiese ekonomie miljoene dollar, sê veteraanekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu. Hy het reageer op eerste minister Elijah Ngurare wat staatsdiensamptenare Donderdag opnuut dié vergunning toegestaan het. Kakujaha-Matundu sê in…
1 May 1AM 1 min

Bedagsaamheid op paaie die wagwoord, sê MVAF

Met die langnaweek in volle swang, het die Motorvoertuigongelukfonds ‘n beroep op bestuurders gedoen om bedagsaam op die land se paaie te wees en versigtigheid aan die dag te lê. Dit volg ná die noodlottige ongeluk Woensdagaand naby Arandis, waarin agt mense dood is toe ‘n minibus ‘n vragmotor getref…
1 May 12AM 1 min

Erongo-goewerneur soek padveiligheid-noodberaad

Die goewerneur van Erongo, Natalia/Goagoses, het 'n hoëvlak-noodberaad oor padveiligheid versoek na 'n noodlottige ongeluk wat Woensdagaand agt lewens geëis het. Sy het gelas dat 'n gesamentlike belanghebbervergadering binne twee weke byeengeroep word, wat belangrike padveiligheidsbelanghebbendes bymekaarbring, insluitend die vervoerministerie, die Padowerheid, die Motorvoertuigongelukkefonds, wetstoepassing en ambulansdienste.
30 Apr 11AM 1 min

Jodehaat ingevoer deur immigrasie: Britse politikus

Die Britse skaduminister van Binnelandse Sake, Chris Philp, vra groter gebruik van teen-terreur-moniteringstegnieke om anti-semitiese misdaad te identifiseer en te voorkom. Dit volg nadat twee Joodse mans gister in Golders Green, Noord-Londen, gesteek is in wat die polisie as 'n terroriste-voorval beskryf het. 'n Vyf-en-veertigjarige Britse burger wat in Somalië…
30 Apr 11AM 1 min