MTC ondersteun pogings teen enkelgebruik-plastiek

Loading player...
MTC het in vennootskap met Stad Windhoek sy verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid herbevestig deur 450 000 Namibiese dollar skenk aan die Go Green, Skip the Plastic-inisiatief. Die fondse sal aangewend word om 4 000 herbruikbare inkopiesakke aan te skaf, en vir die bekendstelling van 'n bewusmakingsveldtog. Die veldtog poog om die afhanklikheid van enkelgebruik-plastieksakke te verminder. Erasmus Nekundi, kommunikasie beampte by MTC, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
23 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eise vir forensiese oudit van Namdia se diamantverkope en -uitvoere

Die Namibia Economic Freedom Fighters het 'n volledige forensiese ondersoek na beweerde onreëlmatighede rondom diamantuitvoere deur Namdia versoek. Dit kom nadat die polisie onlangs 'n diamantbesending van 160 miljoen Namibiese dollar, bestem vir uitvoer, in beslag geneem het. Dit is die tweede voorval in minder as vyf maande waarin Namdia…
23 Jun 12AM 1 min

Raadslid voer aan sindikate sit agter die Angolese kinders

Volgens berigte vermeerder die aantal Angolese kinders, sommige so jonk as drie jaar oud, wat by besige paaie en winkelsentrums reg oor die land bedel. Die kwessie word steeds deur owerhede geïgnoreer en blaam word verskuif, maar Stad Windhoek se raad het vroeg vandeesmaand 'n resolusie aangeneem dat die probleem…
23 Jun 12AM 1 min

Misdaad daal in Oshana

Aangemelde misdade in die Oshana-streek het die afgelope jaar aansienlik gedaal, met 'n algehele afname van 13 persent. In sy streeksrede het goewerneur Hofni Iipinge gesê aangemelde misdade het afgeneem van 11 804 gevalle in 2024/2025 tot 10 267 in 2025/2026. Hy het ook 'n afname in gevalle van geslagsgeweld…
22 Jun 11PM 1 min

Drie redes vir Starmer se mislukking

Andy Burnham is Maandag ingesweer as die parlementslid vir Makerfield net ure nadat Britse eerste minister Sir Keir Starmer sy bedanking as leier van die Arbeidersparty aangekondig het. Burnham het bevestig hy sal staan om die eerste minister te vervang, met die steun van 'n potensiële teenstander, voormalige gesondheidminister Wes…
22 Jun 11PM 1 min