Windhoek tronk g'n oorbevolk, sê diens

Loading player...
Die Namibiese Korrektiewe Dienste het berigte van die hand gewys dat die Windhoek Korrektiewe Fasiliteit oorbevolk is. Dit kom te midde van plaaslike mediaberigte dat die fasiliteit, wat ontwerp is om 174 gevangenes te huisves baie meer aanhou. Daar is byvoorbeeld tans 176 Angolese burgers in aanhouding. Kosmos 94.1 Nuus het met assistent-kommissaris Salmi Hangula gepraat wat die stand van sake verduidelik.
20 Feb 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Brittanje verhoog terreurvlak na 'baie ernstig'

Brittanje het sy terreurbedreigingsvlak van “beduidend” na “baie ernstig” verhoog nadat twee mans Woensdag in Noord-Londen met ‘n mes gesteek is ná ‘n vlaag antisemitiese aanvalle in die Britse hoofstad. Dit is die eerste keer in meer as vier jaar dat die terreurbedreigingsvlak op dié kerf is en beteken ‘n…
1 May 2AM 1 min

'Pasellatyd voor langnaweke kos Namibië miljoene'

Die staatsdiens wat in die gewoonte verval het om ‘n dag voor ‘n langnaweek om 10:00 sy deure te sluit, kos die Namibiese ekonomie miljoene dollar, sê veteraanekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu. Hy het reageer op eerste minister Elijah Ngurare wat staatsdiensamptenare Donderdag opnuut dié vergunning toegestaan het. Kakujaha-Matundu sê in…
1 May 1AM 1 min

Bedagsaamheid op paaie die wagwoord, sê MVAF

Met die langnaweek in volle swang, het die Motorvoertuigongelukfonds ‘n beroep op bestuurders gedoen om bedagsaam op die land se paaie te wees en versigtigheid aan die dag te lê. Dit volg ná die noodlottige ongeluk Woensdagaand naby Arandis, waarin agt mense dood is toe ‘n minibus ‘n vragmotor getref…
1 May 12AM 1 min

Erongo-goewerneur soek padveiligheid-noodberaad

Die goewerneur van Erongo, Natalia/Goagoses, het 'n hoëvlak-noodberaad oor padveiligheid versoek na 'n noodlottige ongeluk wat Woensdagaand agt lewens geëis het. Sy het gelas dat 'n gesamentlike belanghebbervergadering binne twee weke byeengeroep word, wat belangrike padveiligheidsbelanghebbendes bymekaarbring, insluitend die vervoerministerie, die Padowerheid, die Motorvoertuigongelukkefonds, wetstoepassing en ambulansdienste.
30 Apr 11AM 1 min