DBV behaal oorwinning teen pitbull-teler in KZN

Loading player...
Die Nasionale Raad van DBV’s het die skuldigbevinding van Amod Sheik in die landdroshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal verkry vir dieremishandeling van 17 pitbull-tipe honde. Dit volg na 'n ondersoek van vier jaar. Sheik is gevonnis tot 'n boete van 3 000 Suid-Afrikaanse rand of drie maande gevangenisstraf, wat vir vyf jaar opgeskort is. Jacques Peacock van die Raad van DBV's het die pogings deur sy Spesiale Ondersoekeenheid, die Pietermaritzburg Dierebeskermingsvereniging, en ander kundiges geprys:
18 Feb 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nipam bied Afrika-bestuursontwikkeling-konferensie in Mei aan

Die Namibiese Instituut vir Openbare Bestuur en Administrasie, Nipam sal die tweede jaarlikse konferensie van die Afrika-bestuursontwikkelingsinstitute-netwerk van 18 tot 20 Mei in Windhoek aanbied. Die driedaagse byeenkoms sal afgevaardigdes van meer as 30 Afrikalande bymekaarbring om die versterking van openbare instellings vir volhoubare ontwikkeling regoor die vasteland te bespreek…
12 Mar 8AM 1 min

Monitor sanitêre produkte, vra Motorbedryf-personeelvereniging

Die Motorbedryf-personeelvereniging sê voortgesette monitering van sanitêre produkte is noodsaaklik, en vroue moet toegang hê tot veilige en bekostigbare menstruasieprodukte. Dit volg na die regering se versekering dat plaaslik vervaardigde sanitêre doekies veilig is, ondanks ’n studie deur die Universiteit van die Vrystaat wat klein hoeveelhede hormoonversteurende chemikalieë in 16…
12 Mar 8AM 1 min

Hidrologiese Diens waarsku oor Zambezi-vloedvlaktes

Inwoners van die Zambezi-streek word gewaarsku teen dreigende oorstromings aangesien die watervlak van die Zambezi-rivier 6,8 meter bereik het. Kosmos 94.1 Nuus het met Alfeus Moses van die Namibiese Hidrologiese Diens, wat reeds ‘n vloedwaarskuwing uitgestuur het, gepraat.
12 Mar 6AM 1 min

SA se onteieningswet in lyn met internasionale bleggingspraktyke

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê hoewel Suid-Afrika se beleid spesifieke kenmerke het om geskiedkundige ongeregtigheid teen te werk, is dit in ooreenstemming met internasionale beleggingspraktyke. Die die Amerikaanse president, Donald Trump, het die regering versoek om onder meer die Onteieningswet en die beleid vir swart…
12 Mar 6AM 1 min