Steekproef wys voordele van universele basiese inkomstetoelaag

Loading player...
Die voorspraak vir 'n universele basiese inkomstetoelaag duur voort, met die Basiese Inkomstetoelaagkoalisie, of BIG, en voorstanders van sosiale geregtigheid wat die regering se huidige voorwaardelike basiese inkomstetoelaag as onvoldoende kritiseer. BIG voer aan dat die bestaande voorwaardelike model, wat 600 Namibiese dollar per huishouding per maand aan 'n beperkte groep individue verskaf, nie die land se ernstige sosio-ekonomiese uitdagings aanspreek nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Herbert Jauch, die voorsitter van die Economic and Social Justice Trust gepraat:
9 Feb 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oortappingsdiens soek jóú bloed!

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied hierdie naweek verskeie skenkingsklinieke aan, insluitend 'n spesiale geleentheid vandag in Windhoek. Die veldtog, met die tema #FreedomFlowsThroughUs, is daarop gemik om meer as 50 skenkings in te samel voor die komende Onafhanklikheidsdagvieringe. Die diens se opleidingsbeampte, Frieda Vatileni-Asino:
14 Mar 2AM 1 min

Regering moet ingryp met veilige vervoer van leerders

Die departement van basiese onderwys het die parlement se staande komitee oor begrotings ingelig oor leerdervervoer en vordering met skoolinfrastruktuur. Meer as 730 000 leerders word daagliks vervoer, hoofsaaklik in landelike gebiede. Volle dekking word deur begrotingsbeperkings belemmer. Amptenare het veiligheidsingrype, insluitend wetstoepassing, uitgelig. Die woordvoerder, Terence Khala, sê infrastruktuurdruk…
14 Mar 1AM 1 min

Copps 94.1: Diabetes, selfdood hou noodspanne besig

Copps 94.1, in samewerking met die Namibiese polisie, het Vrydagaand gehelp om die lewens van twee mense in Windhoek te red: Die eerste ‘n man wat in ‘n diabetiese koma was en die tweede ‘n jong vrou diep in Katutura wat probeer het om selfdood te pleeg. Kosmos 94.1 se…
13 Mar 11PM 1 min

FNB Namibië ATM's vat ook nou nuwe banknote

Nadat die Bank van Namibië hulle nuwe note in September 2025 in sirkulasie geplaas het, het banke hul sisteme en outomatiese tellermasjiene begin opgradeer om die note te akkommodeer. FNB Namibië, die bank met die grootste distribusie-netwerk, het aangekondig dat sy ATM's landwyd nou die nuwe note aanvaar. Kosmos 94.1…
13 Mar 11AM 1 min