Krieket: Proteas reg vir Kanada in vandag se T20

Loading player...
Die Proteas se kaptein, Aiden Markram, sê hulle is vol vertroue voor vandag se T20-groepswedstryd teen Kanada in Ahmedabad, Indië. Suid-Afrika was in 2024 die naaswenner en is een van die gunstelinge om te wen ná hulle sege in verlede jaar se Wêreld-toetskampioenskap. Die ander lande in Groep D is Nieu-Seeland, Afganistan en die Verenigde Arabiese Emirate. Markram sê hulle sal versigtig wees teen Kanada:
9 Feb 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Motorsport: Langbaankampioenskap spring weg op Tony Rust

Die eerste been van die Nasionale Langbaankampioenskap begin vanoggend op die Tony Rust-baan buite Windhoek. Nege inskrywings is ontvang, met nuwe en ou bekende name wat sake gaan uitspook. Francois Lottering van Kosmos 94.1 het meer:
14 Mar 3AM 1 min

Oortappingsdiens soek jóú bloed!

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied hierdie naweek verskeie skenkingsklinieke aan, insluitend 'n spesiale geleentheid vandag in Windhoek. Die veldtog, met die tema #FreedomFlowsThroughUs, is daarop gemik om meer as 50 skenkings in te samel voor die komende Onafhanklikheidsdagvieringe. Die diens se opleidingsbeampte, Frieda Vatileni-Asino:
14 Mar 2AM 1 min

Regering moet ingryp met veilige vervoer van leerders

Die departement van basiese onderwys het die parlement se staande komitee oor begrotings ingelig oor leerdervervoer en vordering met skoolinfrastruktuur. Meer as 730 000 leerders word daagliks vervoer, hoofsaaklik in landelike gebiede. Volle dekking word deur begrotingsbeperkings belemmer. Amptenare het veiligheidsingrype, insluitend wetstoepassing, uitgelig. Die woordvoerder, Terence Khala, sê infrastruktuurdruk…
14 Mar 1AM 1 min

Copps 94.1: Diabetes, selfdood hou noodspanne besig

Copps 94.1, in samewerking met die Namibiese polisie, het Vrydagaand gehelp om die lewens van twee mense in Windhoek te red: Die eerste ‘n man wat in ‘n diabetiese koma was en die tweede ‘n jong vrou diep in Katutura wat probeer het om selfdood te pleeg. Kosmos 94.1 se…
13 Mar 11PM 1 min