Die binnelandse sake-ministerie sê dat 289 510 visums met aankoms tussen 3 Maart 2025 en 31 Januarie 2026 uitgereik is. Lynminister Lucia Iipumbu het tydens 'n kabinetsinligtingsessie gesê dat die visum-met-aankoms-stelsel bewys is om nasionale veiligheid doeltreffend te versterk terwyl dit ook toerisme, beleggings en ekonomiese groei vergemaklik.
Die Forum for South Africa (Fosa) het gewaarsku dat stygende elektrisiteitspryse misdaad, werkloosheid en ekonomiese agteruitgang kan aanwakker. Woordvoerder Tebogo Mashilompane sê tariewe styg ver bo inflasie, wat druk op arm en werkersklashuishoudings plaas. Hy waarsku dat onbekostigbare elektrisiteit onwettige verbindings en misdaad kan aanwakker, aangesien sakeondernemings en plase werksgeleenthede…
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het Saterdag tydens ‘n gemeenskapsvergadering op Rehoboth gesê pogings om die werksaamhede van die dorpsraad te destabiliseer, moet gestaak word. Sankwasa het die dorp besoek om aantygings van wanbestuur, politieke sabotasie en uitstaande NamWater-skuld te ondersoek.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Verdedigingsunie het die ontplooiing van meer as 2 000 soldate in gebiede wat deur bendegeweld en onwettige mynbou geraak word, gekritiseer. Hoofonderhandelaar Jeff Dubazane sê die stap deur president Cyril Ramaphosa hou die risiko in om grondwetlike demokrasie te ondermyn. In 'n onderhoud met SABC News sê…
Suid-Afrika se minister van water en sanitasie, Pemmy Majodina, en haar Eswatini ampsgenoot, prins Lonkhokhela Dlamini, het 'n hersiene verdrag oor die ontwikkeling en gebruik van waterbronne in die Komati-rivierkom onderteken. Majodina het gesê die verdrag, wat die eerste keer in 1992 onderteken is, is nog nooit hersien nie, aangesien…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.