ICE moet uit, nie afskaal nie

Loading player...
Die Withuis, en president Donald Trump sê ICE-operasies in Minnesota sal afgeskaal word. Trump se grens-tsaar Tom Homan is ook in die deelstaat ontplooi en Gregory Bovino, wat bevelvoerder van die operasie was, is van sy rang verwyder en teruggeroep. Minnesota-goewerneur Tim Walz, sê aan CNN, hulle eis nog steeds dat die hele operasie ten volle onttrek moet word.
28 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verdagte in moord op Getuie D in boeie

'n Verdagte wat verbind word met die moord op Marius Van Der Merwe, ook bekend as Getuie D, is in Johannesburg in hegtenis geneem. Van der Merwe is in Desember voor sy gesin buite sy huis in Brakpan vermoor, kort nadat hy voor die Madlanga-kommissie teen hooggeplaaste amptenare van die…
15 Mar 4AM 1 min

Bykans 300 000 visums met aankoms reeds uitgereik

Die binnelandse sake-ministerie sê dat 289 510 visums met aankoms tussen 3 Maart 2025 en 31 Januarie 2026 uitgereik is. Lynminister Lucia Iipumbu het tydens 'n kabinetsinligtingsessie gesê dat die visum-met-aankoms-stelsel bewys is om nasionale veiligheid doeltreffend te versterk terwyl dit ook toerisme, beleggings en ekonomiese groei vergemaklik.
15 Mar 3AM 1 min

Duur krag gaan werkloosheid, misdaad aanhits, maan Fosa

Die Forum for South Africa (Fosa) het gewaarsku dat stygende elektrisiteitspryse misdaad, werkloosheid en ekonomiese agteruitgang kan aanwakker. Woordvoerder Tebogo Mashilompane sê tariewe styg ver bo inflasie, wat druk op arm en werkersklashuishoudings plaas. Hy waarsku dat onbekostigbare elektrisiteit onwettige verbindings en misdaad kan aanwakker, aangesien sakeondernemings en plase werksgeleenthede…
15 Mar 2AM 1 min

Sankwasa op oorlogspad op Rehoboth

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het Saterdag tydens ‘n gemeenskapsvergadering op Rehoboth gesê pogings om die werksaamhede van die dorpsraad te destabiliseer, moet gestaak word. Sankwasa het die dorp besoek om aantygings van wanbestuur, politieke sabotasie en uitstaande NamWater-skuld te ondersoek.
15 Mar 1AM 1 min

SA word soos Zimbabwe, maan vakbond

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Verdedigingsunie het die ontplooiing van meer as 2 000 soldate in gebiede wat deur bendegeweld en onwettige mynbou geraak word, gekritiseer. Hoofonderhandelaar Jeff Dubazane sê die stap deur president Cyril Ramaphosa hou die risiko in om grondwetlike demokrasie te ondermyn. In 'n onderhoud met SABC News sê…
15 Mar 12AM 1 min