Trump skaal ICE-operasie in Minnesota af

Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê hy beplan om die situasie in Minnesota af te skaal. Dit volg na die dood van Renee Good en Alex Pretti aan die hand van immigrasie- en doeane-agente in Minneapolis wat tot wydverspreide betogings gelei het. In ʼn onderhoud met Fox News het Trump gesê Pretti moes nie ʼn wapen gedra het nie, al is daar geen federale of Minnesota-wet wat ʼn versteekte wapen tydens vreedsame betogings verbied nie:
28 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hill-Lewis vra kalmte rakende immigrasie

Die DA-leier Geordin Hill-Lewis vra kalmte te midde van toenemende spanning oor onwettige immigrasie. Hy sê die publiek se frustrasie moenie verander in haat, gepeupelreg of geweld nie. Dit kom in aanloop tot volgende week se beplande massabetoging teen onwettige immigrasie. Hill-Lewis sê Suid-Afrikaners moenie toelaat dat sekere politici of…
25 Jun 6AM 1 min

Iran: Tucker Carlson sê Bibi het Trump om die bos gelei

Die regse kommentator en ou-bondegenoot van president Donald Trump, Tucker Carlson het 'n uitgebreide onderhoud met Sky News se Yalda Hakim gehad. Carlson meen die Iran-oorlog is die begin van die einde van Trump se presidensie. Hy sê Trump is om die bos gelei deur Israel en spesifiek premier Benjamin…
25 Jun 6AM 1 min

Reën op pad

'n Afsny laagtepunt en intense weerstelsel wat vanaf die Atlantiese Oseaan na die suidweste van Namibië inbeweeg, sal wydverspreide reën en moontlik oorstromings tussen Vrydag en Saterdag veroorsaak. Meteoroloog Vilho Ndeunyema sê die storm sal aansienlike neerslae na die suidkus, suidwestelike sentrale gebiede en suidoostelike gebied bring.
25 Jun 6AM 1 min