Noorde-goewerneurs in Angola vir landbou-samewerking

Loading player...
Goewerneurs van die Ohangwena-, Omusati-, Oshana- en Kunene-streke is tans op 'n weeklange werksbesoek aan Angola se Cunene- en Huila-provinsies. Ohangwena-goewerneur Kadiva Hamutumwa sê die besoek sal dien as 'n bloudruk vir vennootskappe wat daarop gemik is om tasbare ontwikkeling te lewer, insluitend voedselsekerheid, verbeterde produksie en werksgeleenthede in Namibië se landbousektor.
23 Jan 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vlootoefening was mislukking van bevelsketting: DA

Die DA sê president Cyril Ramaphosa se erkenning dat die proses vir die Will for Peace-vlootoefening gebrekkig was, maak dit 'n mislukking in die bevelsketting, nie bloot 'n bedryfskwessie nie. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, het 'n ondersoek gelas om te bepaal waarom sy opdrag vir Iran se onttrekking…
23 Jan 10AM 1 min

Ubuntu-motorfietsbyeenkoms gaan Karibib laat dreun

Die 10de been van die Ubuntu-motorfietsbyeenkoms vind Sondag op Karibib plaas, met verskillende klubs en hulle ondersteuners wat byeenkom vir die plaaslike been van ‘n internasionale byeenkoms. Francois Lottering van Motor Media Namibia het al die besonderhede.
23 Jan 9AM 1 min

NamPower bied 15 studiebeurse aan

NamPower het studiebeurse aangekondig vir 15 studente in verskeie velde wat binne die elektrisiteitsektor benodig word. Die besturende direkteur van NamPower, Simson Haulofu, het die belangrikheid van onderwys vir Namibië se toekomstige ontwikkeling beklemtoon, veral rondom hernubare energie en hulpbronne.
23 Jan 9AM 1 min

Eerste minister se kantoor skuld Meatco N$28,1 miljoen

Tydens Meatco se strategiese hersiening vir die jaar wat voorlê wat tans in Katima Mulilo plaasvind, het die interim uitvoerende hoof van Meatco, Albertus Auchamub met die nasionale uitsaaier gepraat en verduidelik waarom Meatco sukkel om produsente te betaal. Meatco het wel betalings aan produsente afgehandel wat vee sedert laasjaar…
23 Jan 9AM 1 min

Ontwikkelingsbank moet sê wie se lenings is afgeskryf: Schlettwein

Die Ontwikkelingsbank van Namibië se leningsboek het in die 2024/25-boekjaar tot 5,8 miljard Namibiese dollar gekrimp, van 6,2 miljard dollar in 2023/24, volgens die bank se Geïntegreerde Jaarverslag. Meer as 500 miljoen dollar is afgeskryf. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar hieroor gekry by Calle Schlettwein, afgetrede politikus en voormalige finansminister…
23 Jan 9AM 1 min