
Ontwikkelingsbank moet sê wie se lenings is afgeskryf: Schlettwein
Loading player...
Die Ontwikkelingsbank van Namibië se leningsboek het in die 2024/25-boekjaar tot 5,8 miljard Namibiese dollar gekrimp, van 6,2 miljard dollar in 2023/24, volgens die bank se Geïntegreerde Jaarverslag. Meer as 500 miljoen dollar is afgeskryf. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar hieroor gekry by Calle Schlettwein, afgetrede politikus en voormalige finansminister. Hy sê die bank moet inligting verskaf daaroor omdat dit openbare fondse is.

