
Ses mense steeds vermis by Kampterrein-grondstorting
Loading player...
Reddingspogings gaan voort om na ses vermiste mense, insluitend twee tieners, te soek na die grondstorting in ʼn kampterrein by Mount Maunganui op Nieu-Seeland se Noord-eiland. Swaar reën het tot die grondstorting by die gewilde kampplek gelei waar gesinne tydens die skoolvakansie ontspan het. Nieu-Seeland se eerste minister, Christopher Luxon, sê die reddingsoperasie is steeds uitdagend:

