
LGBT-moord in hoërhof, saak skop af
Loading player...
Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die 30-jarige transgender vrou Christof “Sexy Charmy” Fredericks in Mei 2024 vermoor het, het hul eerste verskyning in die Windhoekse hoërhof gemaak. Mervin Beukes en Elias Namwandi Nandomba word aangekla van moord, verkragting, die skending van 'n dooie liggaam en regsverydeling. Die moord is gepleeg na die aanvaarding van anti-LGBT-wette en 'n vlaag haatmisdade teen LGBT-persone. Regter Hannelie Prinsloo het die verhoor tot 18 Februarie uitgestel en die verdagtes bly in aanhouding. Kosmos 94.1 Nuus het met Patrick Reissner van Equal Namibia gepraat.

