
Saftu eis antwoorde oor Eskom se 'doelbewuste' beurtkrag
Loading player...
Die vakbondfederasie Saftu doen 'n beroep op die regering om 'n verslag oor Eskom se beurtkragkrisis in 2007 en 2008 vry te stel. Dit volg op bewerings deur voormalige president Thabo Mbeki dat die nutsmaatskappy die krisis doelbewus veroorsaak het deur steenkoolvoorrade te laat afneem. Die federasie voer aan werkers en gemeenskappe moes lei onder werksverliese, besigheidsluitings en reusestygings in elektrisiteitspryse. Asive Dyani van Saftu vra die owerhede te sê wie verantwoordelik was en regstappe te doen indien hulle skuldig bewys word:

