
Spar Ocean View Marathon keer in Februarie terug
Loading player...
Die 2026 Spar Ocean View Marathon keer vanjaar terug en vind plaas op Saterdag, 7 Februarie. Die marathon is 'n amptelike kwalifiserende byeenkoms vir prestige-internasionale wedlope, spesifiek die Comrades- en Two Oceans maratonne in Suid-Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het met organiseerder Essie Herbst gesels, wat sê die maraton is daarop gemik om atlete voor te berei vir groter maratons, maar bevorder ook 'n aktiewe leefstyl vir deelnemers van alle ouderdomsgroepe en fiksheidsvlakke.

