Goewerneurs van die Ohangwena-, Omusati-, Oshana- en Kunene-streke is tans op 'n weeklange werksbesoek aan Angola se Cunene- en Huila-provinsies. Ohangwena-goewerneur Kadiva Hamutumwa sê die besoek sal dien as 'n bloudruk vir vennootskappe wat daarop gemik is om tasbare ontwikkeling te lewer, insluitend voedselsekerheid, verbeterde produksie en werksgeleenthede in Namibië…
Die DA sê president Cyril Ramaphosa se erkenning dat die proses vir die Will for Peace-vlootoefening gebrekkig was, maak dit 'n mislukking in die bevelsketting, nie bloot 'n bedryfskwessie nie. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, het 'n ondersoek gelas om te bepaal waarom sy opdrag vir Iran se onttrekking…
Die 10de been van die Ubuntu-motorfietsbyeenkoms vind Sondag op Karibib plaas, met verskillende klubs en hulle ondersteuners wat byeenkom vir die plaaslike been van ‘n internasionale byeenkoms. Francois Lottering van Motor Media Namibia het al die besonderhede.
NamPower het studiebeurse aangekondig vir 15 studente in verskeie velde wat binne die elektrisiteitsektor benodig word. Die besturende direkteur van NamPower, Simson Haulofu, het die belangrikheid van onderwys vir Namibië se toekomstige ontwikkeling beklemtoon, veral rondom hernubare energie en hulpbronne.
Tydens Meatco se strategiese hersiening vir die jaar wat voorlê wat tans in Katima Mulilo plaasvind, het die interim uitvoerende hoof van Meatco, Albertus Auchamub met die nasionale uitsaaier gepraat en verduidelik waarom Meatco sukkel om produsente te betaal. Meatco het wel betalings aan produsente afgehandel wat vee sedert laasjaar…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.