
Hoe gemaak om groei van tussen 6 en 7% te bereik?
Loading player...
Namibië se ekonomie het die potensiaal om te groei teen die regering se beoogde jaarlikse groeikoers van 6 tot 7 persent per jaar indien dit behoorlik bestuur word, sê Cirrus-ekonoom Robert McGregor. Terwyl huidige projeksies vir 2025-2026 'n meer gematigde groeikoers van 3,5 persent tot 4 persent aandui, teiken die Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan 'n gemiddeld van 7 persent per jaar oor die volgende vyf jaar. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê McGregor dat die olie- en gassektor kan help om dit te bereik:

