Hoe gemaak om groei van tussen 6 en 7% te bereik?

Loading player...
Namibië se ekonomie het die potensiaal om te groei teen die regering se beoogde jaarlikse groeikoers van 6 tot 7 persent per jaar indien dit behoorlik bestuur word, sê Cirrus-ekonoom Robert McGregor. Terwyl huidige projeksies vir 2025-2026 'n meer gematigde groeikoers van 3,5 persent tot 4 persent aandui, teiken die Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan 'n gemiddeld van 7 persent per jaar oor die volgende vyf jaar. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê McGregor dat die olie- en gassektor kan help om dit te bereik:
22 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hardap-akwakultuursentrum 'n 'oogseer', sê minister

Die uitvoerende direkteur van die visseryeministerie,Teofilus Nghitila, het die ministerie se senior bestuur beopdrag om die vervalle akwakultuursentrum by Hardap op te knap. Nghitila, wat die sentrum die naweek besoek het, sê dit verteenwoordig ’n belangrike regeringsbelegging wat tot volle bedryfskapasiteit herstel moet word. Die sentrum word deur die ministerie…
15 Mar 6AM 1 min

DA soek BEE-debat in parlement

Die DA dring aan op 'n parlementêre debat oor sy voorgestelde Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal, wat daarop gemik is om swart ekonomiese bemagtiging te vervang met 'n armoede-gebaseerde model. Die party sê die wetsontwerp sal werkskepping, vaardigheidsontwikkeling en gemeenskapsuitwerking in regeringsverkryging eerste stel. Die ANC dring daarop aan…
15 Mar 5AM 1 min

Verdagte in moord op Getuie D in boeie

'n Verdagte wat verbind word met die moord op Marius Van Der Merwe, ook bekend as Getuie D, is in Johannesburg in hegtenis geneem. Van der Merwe is in Desember voor sy gesin buite sy huis in Brakpan vermoor, kort nadat hy voor die Madlanga-kommissie teen hooggeplaaste amptenare van die…
15 Mar 4AM 1 min

Bykans 300 000 visums met aankoms reeds uitgereik

Die binnelandse sake-ministerie sê dat 289 510 visums met aankoms tussen 3 Maart 2025 en 31 Januarie 2026 uitgereik is. Lynminister Lucia Iipumbu het tydens 'n kabinetsinligtingsessie gesê dat die visum-met-aankoms-stelsel bewys is om nasionale veiligheid doeltreffend te versterk terwyl dit ook toerisme, beleggings en ekonomiese groei vergemaklik.
15 Mar 3AM 1 min

Duur krag gaan werkloosheid, misdaad aanhits, maan Fosa

Die Forum for South Africa (Fosa) het gewaarsku dat stygende elektrisiteitspryse misdaad, werkloosheid en ekonomiese agteruitgang kan aanwakker. Woordvoerder Tebogo Mashilompane sê tariewe styg ver bo inflasie, wat druk op arm en werkersklashuishoudings plaas. Hy waarsku dat onbekostigbare elektrisiteit onwettige verbindings en misdaad kan aanwakker, aangesien sakeondernemings en plase werksgeleenthede…
15 Mar 2AM 1 min