Woord vir Vandag - 28 Feb 2026

Loading player...
“Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld leen: Hy is die slaaf van die man by wie hy leen.” Spreuke 22:7 NLV
Wees die meester van jou skuld
Goeie krediet bepaal jou toekomstige koopkrag. Wanneer jy egter skuld misbruik, is jy elke maand angstig wanneer jy jou kredietkaartrekening ontvang wat wys dat jy meer bestee het as wat jy kan bekostig. Wat ook van die onverwagte uitgawes in die lewe? Jou motor benodig ‘n nuwe ratkas, of jy moet ‘n prosedure ondergaan wat nie deur jou mediese versekering gedek word nie. Die dinge wat jy koop kos jou nie net geld nie; daar is ook ander minder tasbare kostes soos jou gemoedsrus en jou gevoel van sekuriteit daaraan verbonde. Jy verbeur hierdie dinge wanneer jy aanhou om bo jou vermoë te leef en goeie geld agter slegte skuld aan te gooi deur van persoonlike lenings en ander finansieringsopsies gebruik te maak. Jy probeer al die balle in die lug hou deur elke maand die minimum betalings te maak. Uiteindelik word jy egter moeg van al die stres en die balle begin op die grond val. Jy begin geld leen om kop bo water te hou en bestee dan slapelose nagte om te wonder hoe jy met die terugbetalings gaan byhou. Jou verleentheid vererger net die situasie, wanneer jy jou finansiële probleme wegsteek en jouself van die hulp wat jy dringend nodig het, afsny. Wat is dan die oplossing vir skuld? 1) Identifiseer die emosies wat jou daartoe gelei het om items te koop wat jy nie kan bekostig nie om ‘n naamlose leemte binne-in jou te vul. 2) Leef volgens ‘n begroting. ‘In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie. ‘n Dwase mens gebruik alles op wat hy in sy huis het’ (Spreuke 21:20 NLV). (3) Ontwikkel ‘n plan om jou skuld af te betaal en skuldvry te bly!
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 May 2026

“I am with you always.” Matthew 28:20 NKJV Today God is “with you” To have a personal relationship with someone, there must be two-way communication. Even the most uncommunicative husband has to grunt every once in a while, or it isn’t a marriage—it’s a monologue. So, the Lord being with…
22 Apr 1 min

Woord vir Vandag - 31 Mei 2026

“…Ek is vir altyd by julle…” Matteus 28:20 NLV God is vandag ‘by jou’ Om ‘n persoonlike verhouding met iemand te hê, moet daar tweerigtingkommunikasie wees. Selfs die mees in homself gekeerde man moet elke nou en dan instemmend grom, anders is dit nie ‘n huwelik nie - dis ‘n…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 May 2026

“God speaketh…in a dream, in a vision of the night.” Job 33:14-15 KJV Ask God for a dream Job the patriarch said: “For God may speak in one way, or in another, yet man does not perceive it. In a dream, in a vision of the night…while slumbering on their…
22 Apr 2 min

Woord vir Vandag - 30 Mei 2026

“Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap.” Job 33:15 NLV Vra God vir ‘n droom Die patriarg Job het gesê: ‘Maar God praat op verskillende maniere. Ons kom dit net nie agter nie. Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense…
22 Apr 2 min

Word for Today - 29 May 2026

“That I myself may be in them.” John 17:26 NIV God is working in you, with you, and through you Just before He was arrested and taken to the cross, Jesus prayed: “[Father], I have made you known to them, and will continue to make you known in order that…
22 Apr 2 min