Woord vir Vandag - 27 Feb 2026

Loading player...
“…Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.” Spreuke 29:25 NLV
Vertrou op die Here, eerder as op mense
Ons maak soms die fout om ons vertroue in mense te plaas, wanneer ons ons vertroue eerder in die Here behoort te plaas. Aangesien God nie kan fouteer nie, maar mense wel, word ons uiteindelik seergemaak en teleurgesteld. Die Bybel sê dat koning Asa van Juda ‘n hart vir God gehad het. Tog, toe ‘n vyandige nasie teen hom opgetrek het, het hy paniekerig geraak en ‘n verdrag met ‘n ander koning aangegaan. Hy het dit met fondse wat hy uit die tempel van God geneem het, gedoen. Sy vyand het teruggetrek toe hy die nuus van Asa se verdrag hoor. Asa het ‘n oplossing vir sy probleem gevind. Sy plan het gewerk – of so het dit altans voorgekom. God het egter die profeet Ganani gestuur om koning Asa te bestraf. Hoekom? ‘…Omdat jy op die koning van Aram vertrou het in plaas van op die Here jou God…’ (2 Kronieke 16:7 NLV). Dit is dikwels die lot van diegene wat hoogs logies en intelligent is. Hulle vertrou op hul eie vermoë om ‘n oplossing vir hul dilemmas te vind. Ganani het voortgegaan om Asa te bestraf: ‘Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Wat ‘n dwaas was jy nie! Daarom sal jy van nou af gedurig oorloë hê’ (2 Kronieke 16:9 NLV). Later in sy lewe het Asa ‘n ernstige siekte opgedoen. ‘…Maar selfs in sy siekte het hy nie hulp by die Here gesoek nie, maar by sy dokters’ (2 Kronieke 16:12 NLV). Hulle kon hom nie help nie, dus het hy gesterf. Die woord vir jou vandag is dus: Moenie mense die vertroue gee wat alleenlik op die Here geplaas moet word nie.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Aug 2026

“Let us not become weary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up.” Galatians 6:9 NIV Keep on keeping on Some of the world’s most successful people were told by so-called experts that they didn’t have what it took…
28 Jul 1 min

Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV Hou aan Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies…
28 Jul 2 min

Word for Today - 30 Aug 2026

“Who is this uncircumcised Philistine?” 1 Samuel 17:26 NKJV Trust your covenant with God Fourteen generations before David fought Goliath, God told Abraham, “I will bless those who bless you, and whoever curses you I will curse” (Genesis 12:3 NIV). Later, God extended this covenant to Abraham’s descendants and inserted…
28 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 30 Aug 2026

“…Wie is hierdie onbesnede Filistyn...?” 1 Samuel 17:26 NLV Vertrou in jou verbond met God Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: ‘Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek…’ (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie…
28 Jul 2 min

Word for Today - 29 Aug 2026

“Christ…entered…into heaven…to appear in the presence of God for us.” Hebrews 9:24 NKJV Jesus is in your corner (2) Growing up, many of us had no clue what our parents did forty hours a week. We might have known where they worked, but we weren’t altogether sure what they did…
28 Jul 1 min