Dodetal in leerderongeluk styg tot 14

Loading player...
Die dodetal na Maandag se botsing in Vanderbijlpark, Gauteng, tussen ʼn minibus wat leerders vervoer het en ʼn vragmotor, het tot 14 gestyg. Die polisie sê die bestuurder van die privaat minibus het blykbaar beheer verloor terwyl hy ander voertuie verbygesteek het. ʼn Saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak. Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê die groeiende privaat vervoersektor het dringend strenger regulasies nodig:
20 Jan 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Laer inflasie sal groet as olieprys hoog bly

Namibië se inflasiekoers het tot die laagste vlak in meer as vyf jaar gedaal, maar ekonome waarsku dat die verligting van korte duur kan wees. Die jaarlikse inflasie het in Februarie tot 2,4 persent verlangsaam, hoofsaaklik danksy laer voedsel- en brandstofpryse. Stygende wêreldwye spanning en die moontlikheid van hoër oliepryse…
15 Mar 11PM 1 min

Mchunu is gereed om ANC-pligte te hervat

Die minister van polisie, Senzo Mchunu, is gereed om sy politieke pligte binne die ANC te hervat, nadat hy vrywillig uit die nasionale uitvoerende komitee en nasionale werkkomitee getree het. President Cyril Ramaphosa het Mchunu op spesiale verlof geplaas na bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, van polisie-inmenging. Tydens…
15 Mar 11PM 1 min

Hardap-akwakultuursentrum 'n 'oogseer', sê minister

Die uitvoerende direkteur van die visseryeministerie,Teofilus Nghitila, het die ministerie se senior bestuur beopdrag om die vervalle akwakultuursentrum by Hardap op te knap. Nghitila, wat die sentrum die naweek besoek het, sê dit verteenwoordig ’n belangrike regeringsbelegging wat tot volle bedryfskapasiteit herstel moet word. Die sentrum word deur die ministerie…
15 Mar 6AM 1 min

DA soek BEE-debat in parlement

Die DA dring aan op 'n parlementêre debat oor sy voorgestelde Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal, wat daarop gemik is om swart ekonomiese bemagtiging te vervang met 'n armoede-gebaseerde model. Die party sê die wetsontwerp sal werkskepping, vaardigheidsontwikkeling en gemeenskapsuitwerking in regeringsverkryging eerste stel. Die ANC dring daarop aan…
15 Mar 5AM 1 min

Verdagte in moord op Getuie D in boeie

'n Verdagte wat verbind word met die moord op Marius Van Der Merwe, ook bekend as Getuie D, is in Johannesburg in hegtenis geneem. Van der Merwe is in Desember voor sy gesin buite sy huis in Brakpan vermoor, kort nadat hy voor die Madlanga-kommissie teen hooggeplaaste amptenare van die…
15 Mar 4AM 1 min