Napha bemark in VSA, Europa

Loading player...
Die Dallas Safari Club maak gereed vir sy 2025 Konvensie en Sport Expo, wat geskeduleer is om van 6 tot 8 Februarie in Atlanta, Georgia, plaas te vind. Hierdie vooraanstaande geleentheid sal bykans 900 uitstallers van reg oor die wêreld huisves. Namibië sal 'n sterk teenwoordigheid by die konvensie hê, met vele jagplaaseienaars, professionele jagters en taksidermiste wat die skou bywoon. Hannes du Plessis, president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het in gesprek met Kosmos 94.1 Nuus meer inligting gegee oor opkomende geleenthede.
19 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eskom behoort voorsiening te staak - minister

Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê Eskom moet beslissend optree wanneer munisipaliteite versuim om elektrisiteitskuld te betaal. Eskom het onlangs gewaarsku dat hulle die grootmaatvoorsiening kan afsny na 14 munisipaliteite wat meer as 100 miljard Suid-Afrikaanse rand skuld. Dit sluit Ekurhuleni in, wat 1,7 miljard rand van sy skuld…
16 Mar 2AM 1 min

Iran ontken dat hy skietstilstand, onderhandelinge gevra het

Die Iranse minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, het bewerings ontken dat Teheran vir onderhandeling of 'n wapenstilstand met die VSA gevra het. Dit volg nadat president Donald Trump gesê het Iran wou 'n ooreenkoms hê, maar hy was nie bereid om daartoe in te stem nie omdat die voorwaardes…
16 Mar 2AM 1 min

Sinner vat sy eerste Indian Wells-titel

Die wêreldnommer twee Jannik Sinner het sy eerste Indian Wells-titel verower. Hy is nou, naas Novak Djokovic en Roger Federer, slegs die derde man in die geskiedenis om al ses Meesters 1000-hardebaantrofeë in te palm. Die Italianer het die Rus Daniil Medvedev verslaan. In die vroue-afdeling het die wêreldnommer een,…
16 Mar 1AM 1 min

Onderwys verduidelik reëls rondom ‘side hustles’

Die onderwysdirekteur van die Omusati-streek, Paulus Kashimbi, het onderwysers in die streek beveel om alle inkomstegenererende aktiwiteite buite hul voltydse werk met onmiddellike effek te staak. Kashimbi sê die onderwysdirektoraat in die streek het met kommer kennis geneem van 'n toenemende aantal personeellede wat sonder magtiging by private sakeondernemings betrokke…
16 Mar 1AM 1 min

Damprook word onder jeug genormaliseer

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie het die terugkeer van sy #LosDieTjoef-veldtog aangekondig, 'n openbare gesondheidsinisiatief wat daarop gemik is om die groeiende gebruik van vapes en e-sigarette onder jongmense te bekamp. Gemeenskapsaktivis Sandy Tjaronda waarsku dat die tendens toenemend skole infiltreer en leerders van hul studies aflei, terwyl die normalisering van…
16 Mar 1AM 1 min