Eskom-krisis 'n politieke slenter, sê Mbeki

Loading player...
Oudpresident Thabo Mbeki sê die Eskom-kragkrisis van 2008 was opsetlike politieke inmenging en nie meganies nie. Mbeki het in Bloemfontein gesê Eskom is gedwing om ʼn noodtoestand te verklaar en steenkool sonder tenderprosesse aan te koop, wat pryse oornag verdubbel het. Hy haal aan uit ʼn 2017-verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid wat bevind het die kragonderbrekings in Januarie 2008 is intern veroorsaak en verwerp bewerings van kaderontplooiing as die basiese oorsaak:
18 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Buitelanders dra 12% by tot oorbevolkte tronke

Die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste sê die oorbevolking van korrektiewe instellings bly 'n ernstige uitdaging, met buitelandse gevangenes wat sowat 12-persent van gevonnisde gevangenes uitmaak. Die komiteevoorsitter, Anthea Ramolobeng het aan die media gesê vertragings in deportasieprosesse plaas druk op fasiliteite en hulpbronne wat reeds onder druk is. Ramolobeng…
26 Jun 3AM 1 min

Starmer soek ordelike oordrag van mag

Die uittredende Britse eerste minister Keir Starmer sê hy sal ʼn ordelike oordrag van mag verseker. Hy het Maandag sy bedanking aangekondig en Andy Burnham sal hom waarskynlik as eerste minister en leier van die Arbeidersparty vervang. Burnham is tot dusver die enigste kandidaat en indien niemand hom uitdaag nie,…
26 Jun 3AM 1 min

Boere by Outjo stoei met 5de veldbrand

'n Veldbrand het Woensdag 80 km noordwes van Outjo, by die Louterwaterplaas ontstaan. Dit het intussen versprei na naburige plase en groot skade is aangeteken. Volgens inligting, is dit die vyfde vuur in die afgelope maande in dieselfde omgewing weens nalatigheid. Kosmos 94.1 Nuus verstaan ook dat dit meestal hervestigingsplase…
26 Jun 3AM 1 min

Vryheidsmanifes word deur migrasie in SA getoets

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê migrasie toets die beginsels van die Vryheidsmanifes en plaas druk op nasionale eenheid en die oppergesag van die gereg. Mbalula het die media ingelig oor die uitkomste van die party se nasionale werkkomitee en gesê die regering tree ferm op met ongedokumenteerde…
26 Jun 3AM 1 min

China gee N$500m vir landelike dienslewering

Die regering het 'n ontwikkelingsamewerking-toelaag van ongeveer 500 miljoen Namibiese dollar van China verseker. Die bedrag sal direk na onmiddellike, gemeenskapsvlak openbare dienste in landelike en afgeleë streke gaan. Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Kaire Mbuende, het die ooreenkoms saam met Zhao Weiping, die Chinese ambassadeur in Namibië, onderteken…
26 Jun 2AM 1 min