Verlaag belasting ook vir SME's, sê ekonoom

Loading player...
Die 2026 begroting word in Februarie verwag wanneer die Nasionale Vergadering heropen. Die regering het verlede jaar aangekondig ddat hy beplan om korporatiewe belasting van 32 tot 28 persent oor die volgende twee jaar te verlaag. Dit is daarop gemik om beleggings te lok, sakegroei te bevorder en die land se mededingendheid in beide streeks- en globale markte te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom, dr. John Steytler gepraat wat sê daar moet ook op SME’s gefokus word om hulle belasting te verminder.
16 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Skaap-indaba beplan vir 22 Julie op Mariental

Namibië se skaapprodusente het die geleentheid om insette te lewer in die toekoms van die sektor. Die Lewendehawe Produsente-organisasie hou op 22 Julie 'n vergadering met produsente op Mariental kom 'n entiteit in produsent-besit binne die skaapwaardeketting te ondersoek. Die dag sal handel oor die gedeelde visie vir die bedryf,…
26 Jun 6AM 1 min

Regskenner sê oor 8 tiener verkragtingverdagtes

Die agt minderjarige seuns wat beskuldig word van die beweerde groepsverkragting van 'n 25-jarige vrou in Okahandja in die vroeë oggendure van 7 Junie, sal in aanhouding bly nadat hul borgtogverhoor uitgestel is na 6 tot 17 Julie. Die saak het ook debat aangewakker oor hoe Namibië se regstelsel jeugdige…
26 Jun 6AM 1 min

Het Giordano met Regbank ingemeng?

Amerikaanse ambassadeur John Giordano het onlangs kontroversie veroorsaak toe hy voorgestel het dat Namibiese regters hom moet kontak wanneer hulle sekere sake hanteer, sodat hy advies van regskontakte in Amerika kan inwin. Die opmerkings, wat tydens 'n vergadering met Hoofregter Peter Shivute gemaak is, het kritiek uitgelok en vrae oor…
26 Jun 5AM 1 min

Trump maak weer beloftes aan VSA-boere

President Donald Trump van Amerika vra sowat 181,5-miljard Namibiese dollar van die Kongres om die landbousektor te versterk. Dit volg nadat die VSA/Israelse oorlog teen Iran tot wisselvallige kommoditeitspryse en hoë bedryfskoste vir boere gelei het. Dit sluit groot stygings in brandstof- en kunsmispryse in. Trump het boere, veeboere, beestelers…
26 Jun 5AM 1 min

Buitelanders dra 12% by tot oorbevolkte tronke

Die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste sê die oorbevolking van korrektiewe instellings bly 'n ernstige uitdaging, met buitelandse gevangenes wat sowat 12-persent van gevonnisde gevangenes uitmaak. Die komiteevoorsitter, Anthea Ramolobeng het aan die media gesê vertragings in deportasieprosesse plaas druk op fasiliteite en hulpbronne wat reeds onder druk is. Ramolobeng…
26 Jun 3AM 1 min