Min stropery en plaasdiefstalle in vakansie, tel weer op

Loading player...
Alhoewel geen groot stropery voorvalle gedurende die feestyd aangeteken is nie, word kommer uitgespreek dat voorvalle toeneem met almal wat van die vakansie terug is. Kosmos 94.1 Nuus het met Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security gesels wat sê stropery en ander plaasdiefstalvoorvalle duur onverpoosd voort. Hy gee 'n opdatering:
16 Jan 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regskenner sê oor 8 tiener verkragtingverdagtes

Die agt minderjarige seuns wat beskuldig word van die beweerde groepsverkragting van 'n 25-jarige vrou in Okahandja in die vroeë oggendure van 7 Junie, sal in aanhouding bly nadat hul borgtogverhoor uitgestel is na 6 tot 17 Julie. Die saak het ook debat aangewakker oor hoe Namibië se regstelsel jeugdige…
26 Jun 6AM 1 min

Het Giordano met Regbank ingemeng?

Amerikaanse ambassadeur John Giordano het onlangs kontroversie veroorsaak toe hy voorgestel het dat Namibiese regters hom moet kontak wanneer hulle sekere sake hanteer, sodat hy advies van regskontakte in Amerika kan inwin. Die opmerkings, wat tydens 'n vergadering met Hoofregter Peter Shivute gemaak is, het kritiek uitgelok en vrae oor…
26 Jun 5AM 1 min

Trump maak weer beloftes aan VSA-boere

President Donald Trump van Amerika vra sowat 181,5-miljard Namibiese dollar van die Kongres om die landbousektor te versterk. Dit volg nadat die VSA/Israelse oorlog teen Iran tot wisselvallige kommoditeitspryse en hoë bedryfskoste vir boere gelei het. Dit sluit groot stygings in brandstof- en kunsmispryse in. Trump het boere, veeboere, beestelers…
26 Jun 5AM 1 min

Buitelanders dra 12% by tot oorbevolkte tronke

Die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste sê die oorbevolking van korrektiewe instellings bly 'n ernstige uitdaging, met buitelandse gevangenes wat sowat 12-persent van gevonnisde gevangenes uitmaak. Die komiteevoorsitter, Anthea Ramolobeng het aan die media gesê vertragings in deportasieprosesse plaas druk op fasiliteite en hulpbronne wat reeds onder druk is. Ramolobeng…
26 Jun 3AM 1 min

Starmer soek ordelike oordrag van mag

Die uittredende Britse eerste minister Keir Starmer sê hy sal ʼn ordelike oordrag van mag verseker. Hy het Maandag sy bedanking aangekondig en Andy Burnham sal hom waarskynlik as eerste minister en leier van die Arbeidersparty vervang. Burnham is tot dusver die enigste kandidaat en indien niemand hom uitdaag nie,…
26 Jun 3AM 1 min