Sondagaand Erediens - Ds Hannes du Plessis

Loading player...
ROMEINE 12

Riglyne vir die Christelike lewe
9Die liefde moet opreg wees.
Verafsku wat sleg is
en hou vas aan wat goed is.
10Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar;
bewys eerbied teenoor mekaar
en wees mekaar daarin tot voorbeeld.
11Moenie in julle toewyding verslap nie,
bly altyd geesdriftig,
dien die Here.
12Verbly julle in die hoop;
staan vas in verdrukking;
volhard in gebed.
13Help die medegelowiges
in hulle nood
en lê julle toe op gasvryheid.
14Seën julle vervolgers, ja, seën hulle,
moet hulle nie vervloek nie.
15Wees bly saam met dié wat bly is
en treur saam met dié wat treur.
16Wees eensgesind onder mekaar.
Moenie hooghartig wees nie,
maar skaar julle by die nederiges.
Moenie eiewys wees nie.
17Moenie kwaad met kwaad vergeld nie.
Wees goedgesind teenoor alle mense.
18As dit moontlik is, sover dit van julle afhang,
leef in vrede met alle mense.
19Moenie self wraak neem nie, geliefdes,
maar laat dit oor aan die oordeel van God.
Daar staan immers geskrywe:
“Dit is mý reg om te straf;
Ék sal vergeld,”
sê die Here.
20“As jou vyand honger is,
gee hom iets om te eet;
as hy dors is,
gee hom iets om te drink;
want deur dit te doen,
maak jy hom vuurrooi van skaamte.”
21Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie,
maar oorwin die kwaad deur die goeie.
18 Jan 12PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

EFESIËRS 3 17dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag…
9 Sep 2AM 11 min