Sondagoggend Erediens - Ds Hannes du Plessis

Loading player...
PSALMS 58
Daar is tog 'n God wat reg laat geskied
1Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. 'n Gedig.
2Julle wat mag besit, is julle uitsprake werklik regverdig?
Is julle beslissings in die sake tussen mense billik?
3Nee, julle optrede in die land is die ene korrupsie,
met geweld gaan julle deur die lewe.
4Slegte mense loop van hulle geboorte af 'n verkeerde pad,
vandat hulle in die wêreld gekom het, dwaal hierdie bedrieërs af.
5Hulle is soos giftige slange,
soos adders wat hulle doof hou,
6wat hulle nie steur aan die stem van die slangbesweerder nie,
hoe vernuftig hy ook mag wees.
7Ruk hulle tande uit hulle mond uit, o God!
Slaan dié leeus se slagtande uit, Here!
8Laat hulle verdwyn soos water wat wegsyfer,
laat hulle fyngetrap word soos droë gras.
9Laat hulle wegraak soos slakke wat net slym agterlaat,
laat hulle word soos misgeboortes, sonder lewe.
10Laat hulle, voor hulle dit weet, uitgeroei wees soos onkruid,
laat 'n gloeiende wind hulle wegwaai in die fleur van hulle lewe.
11Die regverdige sal bly wees as hy sien daar is vergelding,
as die bloed van die goddeloses oor sy voete loop.
12Die mense sal sê: Daar is tóg 'n beloning vir die regverdige,
daar is tóg 'n God wat reg op die aarde laat geskied!
18 Jan 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

EFESIËRS 3 17dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag…
9 Sep 2AM 11 min