Machado gee haar Nobelprys aan Trump

Loading player...
Die Venezolaanse opposisieleier, María Corina Machado, sê sy het tydens ʼn privaat ontmoeting by die Withuis haar Nobel-vredesprysmedalje aan president Donald Trump oorhandig. Sy het die toekenning verlede jaar ontvang vir haar stryd teen die outoritêre regering van president Nicolás Maduro. Trump het op Truth Social gesê dit was ʼn wonderlike gebaar van wedersydse respek. Machado het aan joernaliste gesê die mense van Venezuela kan op Trump staatmaak:
16 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Otjihase-pompstasie Donderdag sonder krag

Inwoners en besighede wat deur die Otjihasemyn-pompstasie voorsien word, word gewaarsku oor 'n beplande wateronderbreking, aangesien onderhoud aan 'n NamPower-elektrisiteitslyn die pompbedrywighede tydelik sal staak. NamWater sê die onderbreking is geskeduleer vir Donderdag 19 Maart, van half-agt die oggend tot half-vyf namiddag. NamWater-woordvoerder Lot Ndamanomhata sê stoorreservoirs by die Otjihase-myn,…
16 Mar 6AM 1 min

Cyril neem kennis van Israel se reaksie op volksmoordsaak

Die regering sê hy het kennis geneem van Israel se reaksie op Suid-Afrika se skriftelike pleitstukke in die volksmoordsaak voor die Internasionale Geregshof. Die saak hou verband met bewerings van volksmoorde wat tydens Israel se aanvalle in Gaza gepleeg is. Die hof het Israel oorspronklik beveel om teen 28 Julie…
16 Mar 6AM 1 min

MVA bied bestuursopleiding aan

Om padongelukke regoor die land aan te spreek, het die Motorvoertuig Ongelukkefonds 'n kwartaallikse, deurlopende verdedigende bestuursopleiding ingestel om padveiligheid te verbeter en sterftes te verminder. Die opleiding, wat by plekke soos die Tony Rust-renbaan gehou word, dek kritieke vaardighede soos voertuighantering, spoedbestuur en noodreaksie vir openbare en private bestuurders…
16 Mar 6AM 1 min

Karibib-lugruim: Wat van myne, toerisme en meer?

Die IPC het kommer uitgespreek oor 'n voorgestelde lugruimbeperking oor die FYM 401-lugruim naby Karibib deur die verdedigingsministerie. Die plan sal 'n radius van 30 seemyl vanaf die oppervlak tot 25 000 voet bo seespieël beperk. Die IPC se skadu-verdedigingsminister, Aloisius Kangulu, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel…
16 Mar 6AM 1 min

Ekonoom sê groot groenenergie-ontwikkelings is dwaasheid

Die bekende plaaslike ekonoom en stigter van Cirrus Capital, Rowland Brown, het in 'n eksklusiewe onderhoud met Lyndsay Malchuk van Market Frontlines gepraat. Terwyl die wêreld toenemend Namibië sien as die volgende strategiese hulpbronjurisdiksie, gesels Brown oor die land se olie- en gaspotensiaal. Hy sê dat die toenemende groenenergie-ontwikkelings is…
16 Mar 6AM 1 min