Inwoners en besighede wat deur die Otjihasemyn-pompstasie voorsien word, word gewaarsku oor 'n beplande wateronderbreking, aangesien onderhoud aan 'n NamPower-elektrisiteitslyn die pompbedrywighede tydelik sal staak. NamWater sê die onderbreking is geskeduleer vir Donderdag 19 Maart, van half-agt die oggend tot half-vyf namiddag. NamWater-woordvoerder Lot Ndamanomhata sê stoorreservoirs by die Otjihase-myn,…
Die regering sê hy het kennis geneem van Israel se reaksie op Suid-Afrika se skriftelike pleitstukke in die volksmoordsaak voor die Internasionale Geregshof. Die saak hou verband met bewerings van volksmoorde wat tydens Israel se aanvalle in Gaza gepleeg is. Die hof het Israel oorspronklik beveel om teen 28 Julie…
Om padongelukke regoor die land aan te spreek, het die Motorvoertuig Ongelukkefonds 'n kwartaallikse, deurlopende verdedigende bestuursopleiding ingestel om padveiligheid te verbeter en sterftes te verminder. Die opleiding, wat by plekke soos die Tony Rust-renbaan gehou word, dek kritieke vaardighede soos voertuighantering, spoedbestuur en noodreaksie vir openbare en private bestuurders…
Die IPC het kommer uitgespreek oor 'n voorgestelde lugruimbeperking oor die FYM 401-lugruim naby Karibib deur die verdedigingsministerie. Die plan sal 'n radius van 30 seemyl vanaf die oppervlak tot 25 000 voet bo seespieël beperk. Die IPC se skadu-verdedigingsminister, Aloisius Kangulu, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel…
Die bekende plaaslike ekonoom en stigter van Cirrus Capital, Rowland Brown, het in 'n eksklusiewe onderhoud met Lyndsay Malchuk van Market Frontlines gepraat. Terwyl die wêreld toenemend Namibië sien as die volgende strategiese hulpbronjurisdiksie, gesels Brown oor die land se olie- en gaspotensiaal. Hy sê dat die toenemende groenenergie-ontwikkelings is…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.