Namibië en Rusland beplan groter ekonomiese samewerking

Loading player...
Namibië en Rusland hersien betrekkinge en bespreek verdere ekonomiese samewerking tussen die twee lande. Die minister van internasionale betrekkinge en handel, Selma Ashipala-Musavyi, is in Moskou op uitnodiging van die Russiese minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov. Sy het gesê haar driedaagse besoek fokus op stappe om politieke dialoog te versterk en wedersyds voordelige samewerking in handel en ekonomiese betrokkenheid uit te brei. Sy het tydens 'n gesamentlike perskonferensie gepraat:
14 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Krieketreeks teen Uganda belangrike voorbereiding vir Oman

Namibië se nasionale krieketspan, die Eagles, en ‘n ontwikkelingspan, die Eagles XI, begin dié week 'n reeks van vyf wedstryde teen Uganda by die Namibiese Krieketgronde. Die aksie begin Woensdag met 'n T20-wedstryd tussen die Eagles XI en Uganda, gevolg deur 'n tweede T20-wedstryd Donderdag. Die Eagles en die besoekers…
16 Mar 10AM 1 min

Kubermisdadewet belangrik vir beleggersvertroue, sê kenner

Druk neem toe om die implementering van die Wet op Kubermisdade te bespoedig, met kenners wat waarsku dat sterk digitale wette noodsaaklik is om buitelandse beleggings te beskerm. Tanya Hopker van Meinert Cyber Security het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat internasionaal erkende raamwerke soos Europa se GDPR wys hoe…
16 Mar 10AM 1 min

Rusland herhaal planne vir plaaslike uraaneksplorasie, kernkrag

Namibië en Rusland het die drie-dae sitting van die Inter-regering Kommissie oor Handel en Ekonomiese Samewerking vandag in Windhoek afgesluit. Dit het gefokus op die versterking van bilaterale samewerking in sleutelsektore, insluitend onder meer mynbou, onderwys, gesondheid, vervoer, handel en belegging en landbou. Die Russiese adjunk-eerste minister, Yury Trutnev, het…
16 Mar 10AM 1 min

Nuwe lugredery sal ervare kundiges nodig hê, sê kenner

Namibië ondersoek lesse van Ethiopian Airlines terwyl die regering voortgaan met planne om 'n nuwe nasionale lugredery te stig. President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die land wil die operasionele model van die lugredery bestudeer, wat gegroei het tot die grootste op die vasteland. Lugvaartkenner dr. Guy Leitch sê egter dat die…
16 Mar 10AM 1 min

Rusland 'help Iran met intelligensie, hommeltuie'

Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê intelligensie toon Rusland help Iran om Amerikaanse bates in die Midde-Ooste te teiken deur Shahed-hommeltuie te voorsien. Die Shahed-hommeltuig is oorspronklik deur Teharan ontwikkel, maar Moskou vervaardig nou sy eie weergawes en gebruik dit in sy oorlog teen Kiëf. Zelensky het aan CNN gesê Rusland…
16 Mar 10AM 1 min