
US$250 miljoen wag vir Namibiese transformasie beleggingsplan
Loading player...
Namibië is deur die internasionale Climate Investment Funds genooi om ’n sektorale transformasie beleggingsplan te ontwikkel, wat die nasionale pyplyn van industriële ontkolingsprojekte sal rig. Dit beoog die mobilisering van tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in gerigte kapitaal, tesame met bykomende befondsing van multilaterale ontwikkelingsbanke en finansiële instellings. Die Namibië Groenwaterstofprogram onder administrasie van die Omgewingsbeleggingsfonds het die aankondiging namens die finansministerie gemaak. Meer inligting oor die projek kan op die Groenwaterstofprogram se webtuiste gevind word, op gh2namibia.com. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die program, Jona Musheko.

