
Minnesota vat Trump-administrasie hof toe oor Ice
Loading player...
Die Amerikaanse staat Minnesota het die Trump-administrasie gedagvaar in 'n poging om 'n toestroming van federale immigrasie-agente, of Ice, na die staat te keer. Die regsgeding voer aan die ontplooiing kom neer op 'n ongrondwetlike federale inval. Minnesota se prokureur-generaal, Keith Ellison, sê immigrasie-operasies het miljoene mense se lewens omvergewerp, en chaos en geweld veroorsaak. Dit kom nadat Renee Good verlede week deur 'n Ice-agent in Minneapolis doodgeskiet is, wat groot betogings in die stad ontketen het. Luister na Ellison:

