
Nuwe verskaffer vir Schengen-visum
Loading player...
Die Duitse ambassade het sy prosesse geoptimaliseer en sy dienste verbeter vir alle Namibiese inwoners wat 'n Schengen-visum benodig vir reise na Duitsland, België, Hongarye, Luxemburg, Malta, Nederland en Switserland. Vanaf Maandag 19 Januarie sal alle Schengen-visumaansoeke uitsluitlik deur sy diensverskaffer TLS Contact hanteer word. Kosmos 94.1 Nuus het met die Duitse ambassadeur Thorsten Hutter gepraat.

